02.05.2013 Views

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

’n Dieët met ’n hoë inhoud van proteïen bevat baie

proteïen-ryke kos soos maer vleis, pluimvee, vis, eiers

en lae-vet suiwelprodukte. Bone en neute bevat ook hoë

vlakke van proteïen.

Kinders

Altesaam 827 kinders het aan die studie deelgeneem.

Van hulle is daar nie verwag om aan ’n dieët vir

gewigsverlies deel te neem of om kalorieë te tel nie,

hulle het bloot dieselfde kos as hul ouers geëet, wat ook

aan die studie deelgeneem het. Ongeveer 45% van die

kinders in die betrokke families was oorgewig.

In die groep kinders wat ’n hoë proteïen/lae GI-dieët

gevolg het, het die voorkoms van oorgewig spontaan met

ongeveer 15% in net ses maande gedaal. Dit bewys dat

vetsug in kinders verhoed kan word, deur die eetplan wat

in die huishouding gevolg word, net ietwat aan te pas.

Suid-Afrika

Professor Hettie Schönfeldt van die Skaapvleisbemarkingsforum

sê die uitslag van dié studie is in lyn

met die nuutste navorsing wat in Suid-Afrika op rooivleis

gedoen is. Dit het die volgende bevind:

Suid-Afrikaanse rooivleis is ’n hoë gehalte-proteïen wat

al die noodsaaklike aminosure verskaf. Dit is nodig vir

groei, beheer en instandhouding van liggaamsweefsels

en –funksies. Dit help om bloeddruk te verlaag en help

met gewigsbeheer omdat dit ’n mens langer versadig

laat voel.

Rooivleis help om bloedsuikervlakke te reguleer en bevat

natuurlike anti-oksidante en goeie vetsure (omega 3- en

omega-6 vetsure). Verder is Suid-Afrikaanse rooivleis

ryk in verskeie minerale, soos yster, sink, magnesium en

selenium, sowel as vitamiene B1, B2, B3, B6 en B12.

Vir meer inligting en resepte kontak

Prof Hettie Schönfeldt van die Skaapvleisbemarkingsforum

by info@healthymeat.co.za of besoek

www.healhtymeat.co.za.

83

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!