02.05.2013 Views

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Simmentaler - Feed the World

Wetenskaplik | Scientific

82

Eet vleis en word maer

Annemarie Joubert

Agt Europese navorsingsentrums het in ’n gesamentlike studie bevind dat

’n lae GI-dieet wat hoog in proteïene is, die beste vir gewigsverlies is. Die

Skaapvleisbemarkingsforum sê in ’n verklaring dat die grootste studie wat nog ooit

in die wêreld oor diëte en vetsug onderneem is, toon dat die meeste lande se dieët-riglyne

nie in die kol is nie en onvoldoende is om vetsug te voorkom.

In dié studie, wat onder leiding van die Fakulteit van

Lewenswetenskappe (LIFE) van Kopenhagen Universiteit

onderneem is, is bevind dat mense wat gewig wil verloor

minder verfynde stysel soos brood en rys moet inneem,

en meer kos moet eet wat hoog is in proteïene, soos

maer vleis, lae vet-suiwelprodukte en bone.

Altesaam 772 families, bestaande uit 938 volwassenes

en 827 kinders, het aan die Europese Diogenes dieëtstudie

deelgeneem. Die resultate is in die New England

Journal of Medicine gepubliseer.

Die 938 oorgewig volwassenes het aanvanklik ’n dieet

om gewig te verloor gevolg waarin 800 kalorieë per dag

oor ’n tydperk van agt weke ingeneem is. Daarmee het

hulle gemiddeld elf kilogram verloor. Daarna is hulle by

vyf verskillende lae-vet dieët-tipes ingedeel wat hulle vir

ses maande moes volg, in ’n poging om te bepaal watter

dieët die mees doeltreffende is om te voorkom dat hulle

weer gewig optel.

Die diëte se proteïen-inhoud en glukemiese indeks (GI)

het verskil. GI is ’n maatstaf van die moontlikheid waaroor

koolhidrate beskik om bloedglukose-vlakke te verhoog

wanneer dit in die liggaam opgeneem word. Kos met ’n

lae glukemiese indeks (LGI) laat die bloedglukose-vlakke

stadiger en tot op laer vlakke styg in vergelyking met kos

wat hoog in koolhidrate is met ’n hoër glukemiese indeks

(HGI).

Volwassenes

Van die 938 volwassenes wat aan die studie deelgeneem

het, het 548 die hele tydperk volgehou. Die groep wat

op die hoë proteïene-dieët met ’n lae GI was, was die

enigste persone wat hul gewig gehandhaaf het ná die

aanvanklike gemiddelde verlies van 11kg. Daar was ook

meer mense wat met die dieët volgehou het in die groep.

Dit kan moontlik toegeskryf word aan die feit dat ’n

lae GI-dieët tot stadiger vertering van kos lei, sodat

die bloed se glukose-vlakke meer stabiel is en ’n

mens goed laat voel. Proteïene is ook meer vullend as

koolhidrate en vet, met die gevolg dat ’n mens nie weer

so gou honger word nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!