02.05.2013 Views

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Simmentaler - Feed the World

Internasionale Publisiteit | International Hybe

32

3 Strydosse in Simmentaler-teelkringe

Monja Viljoen

’n

Welverdiende fokus op drie strydosse in Simmentaler-teelkringe

van wie twee 87 jaar oud is en

een 83 jaar. Hulle is Stoffel Oberholzer van Kalkrand

(83), Liebeth Nolte van Gobabis en Adelheid Giess wat

nou by haar seun, Harald, en skoondogter Gisela op die

familieplaas in die Gobabis-omgewing bly. Beide Stoffel

en Liebeth is nog by hul boerdery en Simmentaler-teling

betrokke. Al drie die strydosse is ook al deur die Simmentaleren

Simbragenootskap vereer vir hul jarelange bydraes.

En dan kom Liebeth en Adelheid boonop ’n baie lang pad

saam. Hulle was skoolmaats in die destydse Duitse skool op

Gobabis.

Dagboeke en ’n magdom foto-albums

vertel van meer as ’n halfeeu se teling

Liebeth Nolte hier by enkele van haar

Simmentaler-stoetkoeie.

’n Leeftyd se teling met die Simmentaler maak deel uit

van Liebeth Nolte se dagboek-inskrywings – herinneringe

en dagtake van die afgelope 71 jaar. Die 87-jarige Liebeth

hou al dagboek vandat sy 16 jaar oud is en wil nog uit al

die inligting sif om haar lewensverhaal te vertel. “Ek loop

al agt jaar met die gedagte en die kinders sê my ek sal

nou vinnig moet begin as ek nog my boek wil skryf.”

Wanneer sy wil terugkyk op boerdery-bedrywighede,

blaai sy net deur die dagboeke en weet dan presies wat

het wanneer gebeur. Dit help haar baie in haar boerdery.

In haar meer as dertig foto-albums tree die Simmentaler

ewe sterk op die voorgrond. “Dit is ’n mooi, mak bees

met baie melk waarmee ek sedert 1954 teel. Vir my is

daar net een ras en dit is die Simmentaler.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!