02.05.2013 Views

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Simmentaler - Feed the World

Wetenskaplik | Scientific

58

Veiligheid

Hoewel tegnologiese ontwikkeling grootliks daartoe gelei

het dat genetiese verbetering verhaas en vergemaklik

word, is die potensiaal vir siekteverspreiding ook daar.

Volgens dr Robert Treadwell van Embrio Plus by

Brits, is siektebeheer in die bedryf ’n veeartsenykundige

aangeleentheid en neem sy organisasie alle stappe

moontlik om binne die Wet op Dieregesondheid op te

tree en sodoende te verseker dat ’n hoë-kwaliteit en

veilige produk aan hulle kliënte beskikbaar gestel word.

“Daar is ’n algemene wanpersepsie, verduidelik hy, dat die

bevriesingsproses van semen die geslagsiektes wat deur

bulsemen en dekking versprei kan word, sal inaktiveer.

Dit is ongelukkig bewys dat die meeste bakterieë,

virusse en selfs protosoa soos Trichomonas, wel die

bevriesingsproses oorleef en dus deur KI met besmette

bevrore semen oorgedra kan word. Daar is dus ’n

definitiewe risiko om geslagsiektes in ’n kudde te kry deur

middel van KI. Ander siektes wat ook baie maklik oorgedra

word deur semen is beesvirusdiarree (BVD), infeksieuse

beesrinotrageïtis (IBR), ensoötiese beesleukose (EBL) en

selfs moontlik Slenkdalkoors (RVF).

Om hierdie gevaar te voorkom, verduidelik hy, moet baie

spesifieke maatreëls getref word. Bulle moet in isolasie

gehou word in ’n geakrediteerde kwarantynstasie, waar

alle ander ‘in-kontak’ diere aan dieselfde kwarantynvereistes

voldoen.

“Gedurende ’n pre-kwarantynperiode,” verduidelik hy,

“word gereelde kliniese inspeksies asook drie skedewasse

gedoen. Bloed- en semenmonsters word

weggestuur vir geslags- en ander siektes soos deur die

wet voorgeskryf. Nadat die siektetoetse se uitslae ontvang

is, mag semen gekollekteer word. Die semen word dan

ook met sekere antibiotika in die verdunningsmedium

behandel en monsters van die bevrore semenstrooitjies

word ook getoets. Na afloop van die kolleksies word die

bulle weer getoets voor hulle ontslaan word. Gereelde

Hoewel tegnologiese

ontwikkeling grootliks

daartoe gelei het

dat genetiese

verbetering verhaas

en vergemaklik word,

is die potensiaal vir

siekteverspreiding ook

daar.

inspeksies deur die Staatsveearts in die gebied waar die

kwarantynstasie geleë is, word ook gedoen.”

Die belangrikste siektes waarvoor getoets moet word

is Tuberkulose, brusellose (besmetlike misgeboorte),

trigomoniase, vibriose, leptospirose, EBL en BVD. By

Embrio Plus, sê hy, toets hulle ook die diere vir IBR, RVF

en knopvelsiekte.

Kleinvee

Die prosesse waardeur beide semen en embrio’s moet

gaan om aan internasionale standaarde te voldoen,

verduidelik dr Fanie Steyn van Ramsem buite

Bloemfontein, is veelvuldig. Dit sluit onder andere in dat:

• Buiten dat die embrio/semen skenkerdier klinies

gesond moet wees, moet die skenkerdiere ’n hele

reeks gesondheidstoetse ondergaan teen alle siektes

wat deur die invoerland/kliënt as risiko beskou word.

Hierdie gesondheidsprotokolle word opgestel deur

die departement dieregesondheid van die land

van invoer en moet gesertifiseer word deur die

staatsveeartsenydienste van die uitvoerland. Alle

gesondheidstoetsuitslae en kwarantynstasies moet

negatief toets vir al die siektes in die protokol.

• Embrio’s word verder ook gewas deur verskillende

vloeistofmedia, insluitend Tripsien, ’n ensiem wat

enige proteïenstrukture (soos bakterieë en virusse)

wat aan die embriowand aangeheg is, inaktiveer. Die

vloeistofmedia waarin embrio’s gespoel en gewas

word, bevat ook verskillende antibiotika wat bakterieë

inaktiveer.

• Ramme wat op ’n kwarantyn- of KI-stasie staan word

apart gehuisves in individuele hokke. Die ramme

word gereeld klinies gemonitor vir vroegtydige

waarneming van enige siektesimptome. Palpasie

van ramme se testikels is van baie waarde, omdat

dit die eerste tekens van infeksie kan aandui, soos

swelling, inflammasie of absesvorming. Die hokke van

die ramme word gereeld ontsmet en skoongemaak,

en kos en water word apart vir elke ram gevoer. Die

semen word asepties in ’n gesteriliseerde kunsvagina

en glasware gekollekteer. Vandaar word die saad in ’n

semenlaboratorium geprosesseer.

In die verdunningsproses word ’n spesiale be vrie singsmedium

toegevoeg tot die saad. Hierdie be vrie singsmedium

bevat ’n reeks antibiotika’s wat die meeste

bakterieë in die saad behoort te inaktiveer. Ramme se saad

word ook gemonitor vir die teenwoordigheid van neutrofiele

(of etterselle), wat sou dui op infeksie. Indien neutrofiele

waargeneem word, sal ’n kultuur van die saad gekweek

word om die oorsaak en moontlike behandeling van die

infeksie te bepaal. Saad word dan gevries in vloeibare

stikstof by minus 196°C en gestoor by daardie temperatuur,

wat ongunstig is vir die meeste lewendige organismes.

Spesifieke siektes

Vir beide embrio’s en semen is daar spesifieke siektes wat

’n hoë of lae oordragrisiko inhou. Die risiko kan natuurlik

nooit totaal uitgeskakel word nie. Hierdie spesifieke

siektes en voorkomingsmaatreëls word breedvoerig in

die Wêreld-organisasie vir Dieregesondheid (OIE) se

Terrestrial Manual gelys.

Die OIE beskryf ook die vereistes waaraan ’n

kwarantynsentrum en KI-stasie moet voldoen om

sodoende die oordrag van infeksies en reproduktiewe

siektes (soos Brucella ovis) tot ’n minimum te beperk.

Indien die korrekte, voorgeskrewe prosedures dus

stiptelik gevolg word, word die oordrag van infeksiesiektes

deur saad en embrio’s tot ’n baie lae vlak

beperk. Dus bestaan daar ’n baie lae risiko vir kliënte

wat gebruik maak van semen of embrio’s afkomstig van

geregistreerde kwarantyn- en KI-sentrums.

SB1012 Vrugbaarheid en siektes

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!