Simmentaler Joernaal 2013.indb
Simmentaler Joernaal 2013.indb
Simmentaler Joernaal 2013.indb
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Simmentaler - Feed the World

Internasionale Publisiteit | International Hybe

44

Die jong bul van Stoffel wat groot belangstelling

onder sy gaste ontlok het.

Die ritse pryse en toekennings wat Stoffel Oberholzer as skouvertoner in

Windhoek en op Gobabis en Otjiwarongo verower het. Hy was ’n teler van

kampioene en pryse vir reserwe-kampioene is yl gesaai. Al skou hy nie meer

nie, bly sy Simmentalers baie gesog onder kopers – selfs in Suid-Afrika.

luiperdprobleem, met dié roofdiere wat soms op ’n

wildplaas ontsnap en dan onder sy kalwers inklim. “Ek

verloor tot vier kalwers per jaar op dié manier.”

Voeding en weiding

Die omgewing se gemiddelde reënval wissel tussen

250 en 400 mm per jaar en wat die weiding en die

voedingswaarde daarvan betref, het hy oor die algemeen

nie probleme nie. Die weiding bestaan hoofsaaklik uit

blinkhaar-, suur- en Boesman-grasse. Daar is ook ’n

verskeidenheid bosse waaraan die skaap vreet soos haaken

driedoringbosse, terwyl die beeste die witgatbome

se lekker sagte lote verkies. Kameeldoringbome is ook

volop en dié peule bied addissionele voeding vir beeste.

’n Peul se voedingwaarde is gelykstaande aan dié van ’n

mieliepit,” sê hy.

Benewens die mooi weiding het Eden ook sterk water.

“Ek is baie gelukkig, Eden se water is gesond.”

Soos baie ander Namibiese boere gebruik Stoffel al

die jare nog Voermeester se produkte. “Die gras hier

is baie anders as in die noorde en ek hoef nie baie

lek te gee nie, maar in die droë maande sit ek Eco-

Grasveldlek vir die bees uit vir hul onderhoudsbehoeftes

en om massaverlies te beperk. Die skaap kry die

klaargemengde Dorperlek in die winter. Lek is goud werd

vir die boer, veral in droogtetye. Met die groot droogte in

die negentigerjare, toe ons vir vier agtereenvolgende jare

geen reën gehad het nie, het ek my diere op Voermeester

se lekprodukte deurgetrek.”

Om sy lammers vir die mark af te rond gebruik hy

Volledige Skaapafrondkorrels en Veekos Breker 12. Toe

hy nog geskou het, het hy sy bees met Veldafrondkorrels

gevoer.

Top-skouvertoner op sy dag

Op sy dag het Stoffel groot geskou, maar in 1993, toe die

Simmentaler-ras sy eeufeesjaar in Namibië gevier het,

het hy halt geroep. Sy stoorkamer agter die huis hang

vol van die rosette. Daar hang ook baie linte vir junior-,

senior- en raskampioene, terwyl reserwe-pryse net hier

en daar gesig wys.

Hoewel hy Agriforum mooi gevra het om niks oor dié

vertrekkie tydens die volgende dag se verrigtinge te

noem nie, sou dit nie nodig wees nie. Dit is duidelik dat

sy mede-telers na hom opsien. Tydens die Simmentalertelersaand

by vanjaar se Windhoek Skou het Stephan

Voigts, een van die voorste Simmentaler-telers in die land

en President van die Namibiese Simmentaler en Simbra

Vereeniging, so terloops genoem hoe hy as kind altyd

verwonderd was oor die mooi diere wat Stoffel uit die

Suide vertoon het.

Selfs tydens die telersdag op 19 November waarteen hy

so opgesien het, het Marthina en Miempie se woorde

waar geword. ’n Jong bul wat tydens die praktiese sessie

bespreek is, was nie lank onder die oë nie toe die manne

daar en dan vir ’n veiling geskimp het. “Ek het hom eerste

gesien,” sê een. “Nee, ek het die verste gery, ek behoort

die eerste te keuse hê,” keer ’n ander.