02.05.2013 Views

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Simmentaler - Feed the World

Wetenskaplik | Scientific

54

“Die fases van vetontwikkeling is eerstens onderhuidse

vet, dan interspiervet en dan die laaste fase, naamlik

intraspiervet. Dit is hierdie laaste twee fases van

vetontwikkeling wat deur lande soos Amerika as

marmering so hoog op prys gestel word. Ons, aan die

ander kant, ken dit glad nie omdat ons heeltemal te vroeg

daarvoor slag, en ook omdat ons diere juis nie vet gevoer

word nie. Ons graderingstelsel is geskoei op maer vleis.

Die tradisionele behoefte in Suid-Afrika is so twee tot vyf

millimeter onderhuidse vet aan ’n biefstuk.”

Tendense en verandering

Die vleismark het die afgelope dekade of twee ook

aansienlik verander. Afgesien van supermarkte wat die

mark op groot skaal betree het, het die opheffing van

beskerming ook slaghuise geraak.

“In die vorige bedeling, met regulering en beskerming,

is slaghuise streng gereguleer. Permitte vir slaghuise is

onder streng kriteria uitgegee en het onder andere die

minimum afstand tussen twee slaghuise voorgeskryf.

Nou is dit heeltemal anders. Twee slaghuise kan reg

langs mekaar oopmaak. Hulle moet op grond van diens,

prys en gehalte met mekaar meeding.

“Met verloop van tyd het die aanbieding van rooivleis ook

totaal verander. Waar slaghuise vroeër sye, of halwes,

bestel het, het dit later kwarte geword. Deesdae bestel hulle

spesifieke snitte. Die bedryf het geweldig gediversifiseer en

na gelang van die gebied waarin die slaghuis geleë is, sal

sekere snitte meer gewild wees as ander.”

’n Ander tendens wat vinnig toeneem, sê hy, is dat

abattoirs toenemend ontbeningsaanlegte oprig. Dit lei

tot ’n veranderende behoefte wat karkasgewig betref. Die

vetbehoefte sal waarskynlik vir die afsienbare toekoms

dieselfde bly, glo hy, maar daar is ’n besliste verskuiwing

in die vraag na ’n beter vleis-tot-been-verhouding.”

Been en vleis

Sy verwagting is dat die bouvorm van vee baie

belangriker gaan word in die abattoir, en dat een van die

deurslaggewende faktore die verhouding tussen vleis en

been gaan wees – minder been en meer vleis.

“Daar is basies net twee maniere om die persentasie

vleis relatief tot die persentasie been te vermeerder –

deur diere met fyner beenstrukture te teel, of om groter

diere wat baie swaarder word te teel.

“Hierdie, na my mening, is ’n sterk oproep tot die

stoetbedryf om baie mooi te besin oor wat hulle moet

produseer in die vorm van bulle vir die kommersiële

produsent om meer vleis en minder been te produseer.

“Die doelwit moet wees om ’n gemiddeld van 15% aan

been ten gunste van vleis te verloor. Of jy dit nou doen

deur op rasse wat bekend is vir hulle fyn beenstruktuur te

konsentreer, of deur diere te teel met die potensiaal om

heelwat swaarder te slag, die keuse is joune.”

Die geldsnitte

Vir baie jare het die bedryf hom blind gestaar teen

bonkige karkasse. Dit is nie waar die waarde van ’n

karkas lê nie, sê Rudi.

“Die geldsnitte op ’n karkas is die primarib, voorrib, lende,

kruis en die beeshaas of filet. Die manier om meer van

hierdie snitte te kry is om die karkas langer te maak. Dit

maak dus sin om vir langer karkasse in jou teelprogram

te selekteer, want dit is waar die meeste waarde aan ’n

karkas toegevoeg kan word.”

Die uitdaging aan die rooivleisprodusent gaan toenemend

vir hierdie twee eienskappe, of ’n kombinasie van

die twee wees, naamlik fyner beenstruktuur en beter

bespiering op ’n langer karkas. Die uitdaging aan die

stoetboer is om hierdie eienskappe beskikbaar te stel

aan die kommersiële produsent.

“Hiermee saam sal die vraag na swaarder karkasse vir

die ontbeningsaanleg ook sterker word. Daar is na my

mening geen kwessie nie, dat ons in die nabye toekoms

teen swaarder gewigte gaan slag.”

Daar is natuurlik die kwessie van praktiese beperkings,

waarsku hy egter. “Teoreties kan ’n karkas nie te lank

wees nie. Hoe langer hoe beter. Maar daar is bepaalde

beperkings by ’n lewendige bees wat te lank is. Daar is

dus uiteraard grense waarbinne ’n optimale lengte val.

“In dieselfde asem kan ’n mens die verandering in

slaggewig ook noem. Vir die laaste klompie jare is die

riglyn van supermarkte 255 kg. Onlangs het ek egter

geluide begin hoor dat hulle van volgende jaar af

swaarder karkasse wil hê.”

Karkaskompetisies

Die kriteria vir die onderskeie karkaskompetisies sal dus

ook aangepas word en dit sal ’n groot invloed hê op van

die groter, laatryp rasse, glo Rudi. Hierdie groterraamdiere

sal gaandeweg, soos die slaggewigvereiste hoër raak, al

meer tot hulle reg kom.

“Om af te sluit: indien rooivleisprodusente ’n huistoeneemboodskap

van die nasionale karkaskompetisie

wil hê, is dit om langer diere te teel met ’n goeie vleis-totbeenverhouding,

wat gereed is om teen ongeveer 300 kg

geslag te word, en wat ’n egalige vetverspreiding oor die

hele karkas gee,” sê hy.

Rudi van der

Westhuizen

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!