02.05.2013 Views

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Simmentaler - Feed the World

Internasionale Publisiteit | International Hybe

14

vergadering is die Golden Book toekenning aan

vier persone, waaronder Llewellyn Angus, gemaak.

Geskiedenis is ook gemaak aangesien dit, in Llewellyn

se geval, die eerste keer is dat ’n pa en seun beide die

toekenning ontvang het. Tydens die verkiesing van die

Uitvoerende Komitee van die WSFF is Dr. Josef Kuera

van die Czech-republiek as President verkies, ek as

eerste Vise-President en Fred Schütze van die VSA as

tweede Vise-President. Die Sekretaris Generaal is steeds

Kristýna Skopalová van die Czech-Republiek. In totaal

het ongeveer 360 mense van 27 lande die kongres

bygewoon. Die WSFF, wat die grootste organisasie van

sy soort ter wêreld is, het tans 27 lidlande met in totaal

ongeveer 86 800 telers en 2.2 miljoen Simmental /

Fleckvieh koeie.

Tydens die tegniese gedeelte is lesings aangebied deur

Dr. Hugo Valentin (50 years ESF and WSFF), Dr. Georg

Röhrmoser (Fleckvieh Simmental Breeding in Germany),

Dr. Reiner Emmerling (Genomic Selection in Germany

and Austria), Dr. Henning Hamann (Beef Performance in

Simmental Fleckvieh) en Dr. Christa Egger-Danner (The

robust Simmental Fleckvieh cow – breeding for fitness

and health).

Laatmiddag is ’n kort plaasbesoek aan Stephan Riedl

gemaak. Die plaas is 88 ha en het 78 koeie, 35 kalwers

en 35 bulle wat gevoer word tot ongeveer 18 maande.

Koeie het ’n interkalf periode van 377 dae en produseer

gemiddeld 8907 kg melk met 4.09% vet en 3,39%

proteïen per laktasie. Bulle het ’n gemiddelde daaglikse

toename van 1.3Kg.

Die dag is afgesluit in die Stadsäle Bernlochner met ’n

Gala-ete aangebied deur die Staatsregering van Bavaria.

Die Bavariese Minister van Landbou het ’n toespraak

gemaak en ek het ook hier die geleentheid gehad om

die Duitse organiseerders van die kongres (ASR –

Arbeitsgemeinschaft Süddeutscher Rinderzucht- und

Besamungsorganisationen), namens Suid Afrika, te

bedank en ’n oorkonde aan hulle te oorhandig.

Sondag het ons ’n ekskursie deur Baden-Württemberg

na Ilshofen onderneem en ’n spesiale skou in die Arena

Hohenlohe bygewoon. Tydens hierdie skou het ons

werklik uitstaande koeie te sien gekry. Na die beoordeling

het ons die 180 ha plaas van Harald Blumenstock

besoek. Op die plaas word aangekoopte bulkalwers vir

slagdoeleindes grootgemaak. Tans is daar ongeveer

320 bulle wat almal onderdak gevoer word. Interessant

hier is die biogas aanleg wat elektrisiteit aan die plaas

en dorp voorsien. Die enjin (wat die generator aandryf)

gebruik biogas en die water wat die enjin verkoel word,

in ’n geslote sisteem, deur die dorp gestuur vir verhitting.

Dit was opvallend dat daar oor die algemeen heelwat van

groen-energie (son, wind, biogas) gebruik gemaak word,

dat mense se gesindheid daaroor baie beter is as in Suid

Afrika en dat die regering programme om die energie op

te wek grootliks ondersteun.

Maandag het ons die Zentrales Landwirtschaftsfest of

dan die Bavariese Sentrale Landboufees in München

besoek en na die beoordeling en veeparade gekyk.

Weereens is daar Simmental/Fleckvieh koeie van

hoogstaande gehalte vertoon. Die dag is afgesluit met

’n Oktoberfest-aand in die wêreld bekende (berugte?)

Hippodrom!

Dinsdag het ons besoek gebring aan die Bavariese

Staats Landbou Navorsing stasie in Grub. Behalwe die

normale genetiese en voedings navorsing wat gedoen

word, word navorsing ook in diere-welsyn gedoen.

Interassant hier was die feit dat ’n koei self kon besluit

wanneer sy gemelk wil word en dat hierdie taak dan

deur ’n robot uitgevoer word. Na ’n saluut met modernevoorlaaiers

is afskeid geneem en het ons na München

lughawe vertrek vir die lang vlug huiswaarts.

Hierdie kongres het net weereens bevestig hoe belangrik

die tipe geleenthede is vir die opbou van internasionale

betrekking, vir die uitruil en opbou van kennis asook vir

internasionale samewerking om Simmentaler / Fleckvieh

en Simbra te verbeter en te bemark.

Hohenlohe Arena

Groep koeie in

Hohenlohe

Oktoberfest

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!