02.05.2013 Views

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Simmentaler - Feed the World

Wetenskaplik | Scientific

48

Tabel 1: Tipes entstowwe en hul beskrywing

Tipes entstowwe Beskrywing en voorbeeld

Geïnaktiveerde

gifstowwe

(toksiene)

Dooie of

geïnaktiveerde

entstowwe

Lewende

verswakte

entstowwe

DNS of

subeenheidentstowwe

Klostridiumentstowwe is ’n voorbeeld hiervan. Die organisme word gekweek en in die proses

vervaardig dit toksiene (wat die dier sou siek maak indien dit natuurlik daaraan blootgestel

was). Die organismes en toksiene word dan geïnaktiveer sodat dit nie meer die dier kan

siek maak nie, maar wel ’n spesifieke immuunreaksie teen die organismes en toksiene kan

stimuleer. Die beskerming is gewoonlik nie langdurig nie en daarom is herinenting elke ses

maande of jaarliks nodig.

Die organismes kan ook gekweek en dan doodgemaak word sodat dit ook nie meer die siekte

kan veroorsaak nie, maar dat dit wel ’n immuunreaksie teen die organisme self kan stimuleer.

’n Voorbeeld hiervan is ’n geïnaktiveerde BVD-entstof. Dit stimuleer hoofsaaklik die B-selle en

die vorming van teenliggame. In die meeste gevalle is dit nodig om die entstof twee maal toe

te dien vir volwaardige beskerming.

Deur navorsing is daar ook organismes gevind wat baie na verwant is aan die

siekteveroorsakende organisme, maar wat nie die diere siek maak nie. Sulke organismes

word dan as ’n entstofstam gebruik. Een van die beste voorbeelde is die stam wat in die

miltsiekte-entstof gebruik word. Die entstowwe stimuleer gewoonlik ook beide die B-selle

en T-selle om te verdeel en veroorsaak oor die algemeen ’n langer beskerming. Daar is

wel lewende entstowwe wat só ’n hewige reaksie veroorsaak, dat hulle onder andere nie in

dragtige diere gebruik kan word nie. Met die gebruik van hierdie entstowwe moet die voorskrif

van die veearts baie noukeurig gevolg word.

Die nuwe-generasie entstowwe waaraan navorsers nou al meer as tien jaar werk, is die

subeenheid-entstowwe. Hier word gepoog om net die stukkie van die organisme wat die

‘kode’ dra, te isoleer en te vermeerder sodat dit as ’n veilige en hoogs spesifieke entstof

gebruik kan word. Die tipe entstowwe sal binne die volgende tien jaar op die mark verskyn.

voor die ouderdom van drie maande te begin met ’n

entingsprogram vir vleisbeeste.

Belangrikste entstowwe

Siektes wat deur die klostridium-familie veroorsaak

word, is van die belangrikste siektes waarteen kalwers

vanaf drie maande geënt moet word. Die belangrikste

was altyd lamsiekte en sponssiekte. Omdat boere

normaalweg baie getrou hierteen ingeënt het, word die

siektes minder gesien.

Die voorkoms van ander siektes wat deur die

klostridium-familie ook veroorsaak word, neem toe

soos dikkopsponssiekte, kwaadaardige edeem,

bloedpens en rooiderm. Dit is belangrik om die

teenwoordigheid van die siektes op jou plaas te bevestig

en daarom moet enige jong dier, wat vinnig (akuut)

sonder siektetekens vrek, na ’n veearts geneem word

vir ’n nadoodse ondersoek. Entstowwe wat beskerming

teen die meeste klostridiale siektes kan verleen, is net

vanaf u veearts beskikbaar.

Die ander belangrike siekteveroorsakende organismes

om teen te ent, is virussiektes wat die slymvliese van

kalwers (maagdermkanaal en asemhalingsweë) kan

aantas, en dan ook ’n onderdrukkende effek het op

die totale immuunstelsel van die kalf. Die belangrikste

is om teen beesvirusdiarree (BVD) en infeksieuse

beesrinotrageïtus (IBR) te ent. Dit moet ook op

aanbeveling van die veearts gedoen word waar die

spesifieke entstowwe dan ook beskikbaar is.

Volgens wet moet miltsiekte-entstof aan alle diere,

insluitend kalwers, een keer per jaar toegedien word. So

ook moet alle verse tussen die ouderdom van drie en

agt maande eenmalig met Brucella S19 geënt word.

Bloedentstowwe moet ook altyd oorweeg word indien

vrektes weens rooiwater, galsiekte en hartwater

steeds jaarliks ’n probleem op die spesifieke plaas is. Dit

is uiters belangrik om die entstof reg te hanteer en korrek

toe te dien. Kalwers moet dan ook binne ’n periode van

drie tot ses maande ná die enting aan die natuurlike

siekte blootgestel word.

Vervangingsverse

Hierdie diere gaan vir ’n lang periode in die kudde bly.

Daarom is dit nodig om ’n volledige inentingsplan te

ontwikkel om hulle aan al die nodige siekteveroorsakende

organismes bloot te stel. Die periode nadat die verse

gespeen is totdat hulle vir die eerste keer gedek word, is

die ideale geleentheid omdat hulle nie onder baie stres

verkeer nie en ook nog nie dragtig is nie.

Die gebruik van die volgende entstowwe kan hier

oorweeg word:

• Knopvelsiekte-entstof.

• Slenkdalkoorsentstof.

• Driedaestywesiekte-entstof.

• Breëspektrumklostridiumentstof.

• Lamsiekte-entstof.

• Miltsiekte-entstof.

• Pasteurella leukotoksien-entstof.

• Brucella RB51-entstof.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!