02.05.2013 Views

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

Simmentaler Joernaal 2013.indb

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Simmentaler - Feed the World

Brokkies & Kursusse | Snippets & Courses

172

Christal-Lize Thomas

Die eerste Simmentaler-Fleckvieh-smeerkase in Suid-

Afrika proe nie net lekker nie, maar is boonop ’n

hoogaangeskrewe gesondheidsproduk. Smeerkaas is

vanjaar die eerste keer van dié bekende dubbeldoelbeesras se

melk vervaardig en word deur die Simmentaler-telersgenootskap

van Suid-Afrika op Graan SA se Nampo-oesdag aan die publiek

bekend gestel. Die smeerkase geniet groot aftrek en besoekers

lek behoorlik hul vingers af.

Petro Ferreira, Bemarkingsbestuurder van dié telersgenootskap,

sê Simmentalers is in 1905 van Duitsland,

Oostenryk en Switserland af na Suid-Afrika ingevoer vir

hoofsaaklik sy goeie vleiseienskappe. Die ras toon onder

meer die beste gewigstoename op 200 dae. Later het

Suid-Afrikaanse boere dié ras se goeie melkeienskappe

raakgesien en op ’n kleiner skaal koeie begin melk.

“Die Simmentaler gekruis met ’n ander melkras gee

langslewendheid en lewer kalwers met beter groei.”

Volgens Ferreira is die Simmentaler se goeie melkeinskappe

en die gesonde waarde daarvan tot onlangs

redelik beperk weens die beperkte navorsingsgeleenthede

in Suid-Afrika. Danksy navorsing twee jaar

gelede deur die Kanadese departement van landbou

is daar vasgestel dat die melk van die Simmentaler

of Fleckvieh, soos die ras bekend is in Duitsland, die

grootste hoeveelheid gekonjugeerde linoleensuur (CLA)

Kase lekker én gesond

Produk op oesdag bekend gestel

Smeerkaas uit die boonste

rakke. Carli Nel (heel links)

van Grootvadersbosch-

Handgemaakte Kase op

Swellendam Mark Barlow van

Voermol. Foto: Belinda Putter

bevat. Dié vetsuur beveg sekere kankers, hartvatsiektes

en artritis.

Simmentalers beskik ook oor die hoogste vlakke van

Omega 3 en die diere se melk is soortgelyk aan mensen

bokmelk.

Die maatskappy Grootvadersbosch- Handgemaakte

Kase op Swellendam in die Wes-Kaap het begin om

die eerste Simmentaler-smeerkaasprodukte, asook

harde cheddarkaas, te vervaardig. Thys Swart van dié

maatskappy wat ook met die Sim mentaler-ras teel, sê

die smeerkaas word natuurlik geprodu seer en het ’n baie

spesiale smaak. “Sim mentaler-Flechvieh-suiwel produkte

en veral die smeer kaas is ’n gesond heids produk

waarvoor die suiwel bedryf lank gewag het.”

Ander Suid-Afrikaanse produsente, die Simmentalertelersgenootskap

van Suid-Afrika, asook die Duitse

organisasie Bayern Genetik, het die waarde van die ras

se melkeienskappe raakgesien en ’n gesertifiseerde

Simmentaler-produkmaatskappy is gestig wat melk- en

vleisprodukte aan plaaslike verbruikers verskaf.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!