Simmentaler Joernaal 2013.indb
Simmentaler Joernaal 2013.indb
Simmentaler Joernaal 2013.indb
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Simmentaler - Feed the World

Internasionale Publisiteit | International Hybe

40

“Dok Warning het daardie jare gereeld beeste ingevoer

en stem toe in om vir my ’n bul en twee koeie te gaan

koop, mits ek sy vliegtuigkaartjie betaal. Daai jare was

die kaartjies mos darem goedkoper en dit was nie ’n

probleem nie. Maar ek sê toe vir hom: ‘Dok, vat nou jou

sakboekie dan skryf jy presies neer wat ek vir jou sê. Die

bul se kop moet só lyk met só ’n bouvorm’,” vertel Stoffel

terwyl hy sy vinger denkbeeldig oor ’n notaboekie laat

gly.

Hy kyk op en sê: “Ek dink hy het hom so ’n bietjie vir my

vervies, want wie was ek om hom so voor te skryf? Maar

ek het Simmentalers by skoue gesien en weet hoe hulle

min of meer moet lyk. Hy was gelukkig nie lank kwaad

daaroor nie en op die ou end het alles goed geëindig.

Die diere wat hy vir my teruggebring het, was presies

soos wat ek hulle wou gehad het. Ek was baie bly dat ek

hom gevra het om dit vir my te doen.”

Dit was inderdaad ’n lonende transaksie en dié diere

het nie net mooi geteel nie, maar besonder goed gevaar

op skoue. Hulle was jare lank kampioene op Gobabis,

Otjiwarongo en in Windhoek.

’n Eerste in die land

So ook het die invoer en vestiging van die rooikop-

Boerbokras in Namibië in 1952 begin met ’n oproep

en ’n beskrywing van Stoffel aan ’n verkoper in Suid-

Afrika. “Ene mnr. Jordaan van Somerset-Wes het daai

jaar ’n klompie rooikop-Boerbokke in Landbouweekblad

geadverteer. Ek het hom gebel en gesê ek wil twee

rammetjies koop en presies beskryf hoe hulle moes lyk.

Die transaksie is beklink en hy het die ramme vir my met

die trein gestuur. Ek was heel in my skik met die diere en

het ’n rukkie later met die bakkie afgery om nog ’n paar

ooie te gaan koop,” vertel hy.

Terug op ou spore

Stoffel se verhaal begin eintlik by sy pa, Christoffel

Johannes Oberholzer, en sy pa se neef, Jan Badenhorst,

wat hulle in 1920 in die destydse Suidwes-Afrika kom

vestig het. “My pa is op Strydenburg in die Noord-

Kaap gebore, maar dié twee het op 20-jarige ouderdom

besluit hulle gaan die pad vat en kom kyk wat in Suidwes

aangaan. Met een trommel en vyf pond het my pa

daardie dag op die trein geklim. Hulle het gery en gery

en uiteindelik by die Salzbrunn-treinstasie by Mariental

afgeklim. Dit is hier waar hy my oorlede ma, Maria

Jacoba, se broer ontmoet het,” vertel Stoffel.

Sy pa het op ’n plaas gaan werk waar hy skape opgepas

het vir een ooi per maand. So het hy en Stoffel se ma

in die omgewing rondgetrek. Hulle het in ’n stadium op

huurgrond naby Rehoboth geboer en later op ’n plaas

duskant Fermset, waar Stoffel later gebore is. “My pa se

neef het op Wolfsputs geboer en ons het ’n ruk lank daar

gebly. My pa ry toe op ’n dag by Eden verby en besluit

daar en dan hy wil die grond hê. Hy het eers op die helfte

van Eden geboer, maar later by die Landbank vir ’n lening

aangeklop en in 1932 het hy die hele plaas oorgeneem.”

Die eerste boerderyjare

Stoffel en sy broers, Jan en Jurgens, is later terug Suid-

Afrika toe om by die landbouskool op Riversdal te gaan

leer. Soos hulle teruggekeer het, het elkeen ’n stuk grond

gekry en hulle boer vandag nog langs mekaar. “Ek en

Jan het in 1946 ’n veiling op die plaas Simenau van mnr.

Tomsec saam met my pa bygewoon. My pa het daardie

dag 25 tollies en verse teen 5 pond stuk gekoop. Dit was

mooi diere. Ek het hom gevra of ek tien mag kry en hy het

gesê dis reg.”

So het Stoffel later vir wyle Gerhard Voigts van Voigtland

Simmentalers genader vir ’n bul. “Hy het gesê ek kan

maar vir my een kom uitsoek. Hy het pragtige diere gehad,

stoetgoed. Ek het vir my een uitgekies en, man, het hy

nie mooi geword en mooi kalwers gegooi nie! Sy verse

het soveel melk gegee, ons moes hulle met die hand ook

melk, want die kalwers kon hulle nie leeg suip nie.”

Drie jaar later het hy van mnr Rigart Vonessen twee jong

bulle, Holzbok en Holzknegt, waarvan die vaar en moer

ingevoerde diere uit Duitsland was, aangekoop. “Dis toe

Die ingevoerde bul en twee

koeie wat Stoffel Oberholzer in

1965 uit Duitsland laat kom het.

Dit het hom ’n vliegtuigkaartjie

vir Dok Joksie Warnig, gekos

en beskrywings in die fynste

besonderhede van presies

hoe dié diere moes lyk. Op die

boonste foto is die bul Dosso

en op die onderste, die koei

Melis.

In die ou jare is daar nog

moeite gemaak met lisensies.

Só het die wielbelastingbewys

vir die perdekar gelyk wat vir

1947 tot 1948 geldig was.

Stoffel Oberholzer op sy

spogperd, Reitz. Hy het op

sy dag in die drie- en vyfgang

klasse geskou.