10.09.2013 Views

CVO SKOOL VIVO SKOOLBELEID - Welkom by CVO Vivo

CVO SKOOL VIVO SKOOLBELEID - Welkom by CVO Vivo

CVO SKOOL VIVO SKOOLBELEID - Welkom by CVO Vivo

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

C.V.O. SKOOL VIVO - SKOOLBELEID

(g) Sosialisering:

• Handhawing van hierdie beginsels impliseer dat die leerkrag doelbewus

maatreëls sal tref om deur groepwerk, kompetisies en die uitskakeling van

onderlinge wanverhoudinge, ‘n sosiale klimaat te skep waarin leerlinge

ten volle kan gedy.

• Indien probleme nie deur die onderwyser/es, skoolbestuur of hoof opgelos

kan word nie, doen aanbevelings by die ouers om gespesialiseerde hulp

te kry.

(h) Individualisering:

Hierdie beginsels impliseer dat die leerkrag rekening sal hou met die individuele

verskille en dat hy sy onderwys sodanig sal aanpas dat elke leerlinge in

ooreenstemming met sy besondere talente tot die maksimale ontplooiing van sy

besondere potensiaal sal ontwikkel.

(i) Evaluering:

Sonder evaluering sal die onderwyser nie kan vasstel waar hy met sy onderrig

moet begin en waar om te eindig nie. Daarom word evaluering as ‘n basiese

vereiste vir goeie onderwys beskou.

(j) Bemeestering:

Die bemeesteringsbeginsel veronderstel dat die onderwyser, nadat hy alreeds

die werk aan sy leerlinge verduidelik het, verdere maatreëls sal tref om seker te

maak dat hulle dit volkome baasgeraak het. Dit sluit in aspekte soos drilwerk,

oefening, herhaling, hersiening, opsommings, huiswerk, ens.

2.2 KENMERKE VAN DIE IDEALE ONDERWYSER:

“What the best and wisest parent

wants for his child,

that is what the community

must want for all their children.”

[Het die groot Amerikaanse Opvoedkundige, John Deway, by geleentheid gesê]. Hy

voeg daaraan toe:

“Any other ideal for our school

Is narrow and unlovely.”

In ‘n snelveranderende wêreld het ons ‘n onderwyserspan nodig wat opvoedkundig

en skoolvakkundig deeglik gevorm is. Goed toegeruste leerkragte sal nie alleen

nuwe situasies kan antisipeer, hulle deeglik na waarde kan beoordeel en doelmatig

daarin optree nie, maar hulle sal ook oor die nodige aanpasbaarheid en openheid

van gemoed beskik om met die snelle veranderinge saam te groei en hul opvoeding

en onderwys dienooreenkomstig daarby aan te pas.

‘n Onderwyser het onteenseglik ‘n heerlike bevoorregte taak, maar dit is beslis ook

‘n moeilike en uitdagende beroep. Om byvoorbeeld dertig of meer gesonde,

lewenslustige kinders vir ‘n derde van hulle wakkerbly-ure te hanteer en boonop aan

al die vereistes van die leerplan te voldoen, verg takt, Jobsgeduld, energie en veral

begrip. Miskien sal dit goed wees om gedagtes te wissel oor die ideale onderwyser

– let wel, nie die volmaakte onderwyser nie, want geen leerkrag kan ooit volmaak

wees nie – terwyl daar tog wel ideale onderwysers kan wees:

- Hy moet ‘n Christenmens wees. Die aard van sy werk is

sodanig dat hy daaglikse wonderlike geleenthede het om sy

oortuigings in die verband prakties uit te leef.

5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!