10.09.2013 Views

CVO SKOOL VIVO SKOOLBELEID - Welkom by CVO Vivo

CVO SKOOL VIVO SKOOLBELEID - Welkom by CVO Vivo

CVO SKOOL VIVO SKOOLBELEID - Welkom by CVO Vivo

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

SKOOLBELEID: C.V.O. SKOOL VIVO 81

HOOFSTUK 21

21. REKENAAR, INTERNET EN E-POS BELEID:

21.1 Inleiding:

Die rekenaartoerusting is die CVO Vivo se bates en die ure wat administratiewe

personeel daarop deurbring is werksure. Daarom gee dit die CVO Vivo die reg om

sy bates te beheer en te monitor. Indien die bate misbruik word, het die werkgewer

die reg om stappe te neem.

21.2 Doel:

Hierdie beleid het ten doel om riglyne te verskaf vir die gebruik van rekenaars, die

internet en e-pos en die regulering daarvan. Dit het verder ten doel om die CVO

Vivo en sy admin-personeel teen regsaanspreeklikheid te beskerm.

21.3 Toepassing:

Die CVO Vivo se gedragskode en beleide geld ook vir enige gedrag op rekenaars,

die internet en oor e-pos en daar word van die personeel verwag om hulle optrede

dienooreenkomstig te rig. Kopiereg, sagteware, lisensies en eiendomsregte moet

eerbiedig word, net soos tydens enige ander optrede.

Onaanvaarbare gebruik van internet of e-pos sluit in optrede wat immoreel is en wat

kan aanleiding gee tot negatiewe publisiteit vir die skool.

21.4 Beleid:

21.4.1 CVO Vivo behou die reg om enige dokumente, transaksies of ouditspore op

enige maatskappystelsel na te gaan vir nakoming van hierdie beleid. Alle epos

boodskap, webbladbesoeke, programme en lêers wat afgelaai word (of

enige ander aktiwiteite of transaksies), sal deur bestuur gemonitor word.

Selfs data wt uitgewis is, mag herwin en nagegaan word.

21.4.2 Internet en e-pos boodskappe, webbladbesoeke, dokumente, transaksies of

enige ander aktiwiteite of ouditspore gebruik, word beskou as normale

besigheidsdokumente en personeellede sal nie enige reg tot privaatheid

van internet of e-pos gebruik hê nie, ongeag daarvan of hulle die

ontvangers of afsenders daarvan was.

21.4.3 Administratiewe personeel mag internet en e-pos fasiliteite in kantoorure

gebruik slegs vir amptelike doeleindes.

21.4.4 Die gebruik van rekenaars, die internet of e-pos fasiliteite vir die volgende,

maar nie beperk hiertoe nie, word ten sterkste verbied en sal lei tot

dissiplinêre optrede:

a) Toegang tot, aflaai, stoor, gebruik of verspreiding van enige

seksueel-eksplesiete of pronogafiese materiaal;

b) Oortreding van enige weet. Die skool sal die owerhede in sulke

gevalle voorsien van ouditspore, transkripsies en kopieë van lêers;

c) Toegang tot, aflaai, stoor of gebruik van roofprogramme of kopieë

van kommersiële programme. Enige programme of lêers wat

afgelaai word sal slegs gebruik word volgens die lisensies daarvan;

d) Skryf, verspreiding of stoor van enige vorm van rekenaarvirusse;

e) Skryf, verspreiding of stoor van enige vorm van kettingbriewe;

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!