'n begeesterde span - Distell
'n begeesterde span - Distell
'n begeesterde span - Distell
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Voorsittersverslag

Handelstoestande

Die sterkte van die Suid-Afrikaanse ekonomie was duidelik

sigbaar tydens die afgelope jaar, met BBP wat in die kwartaal tot

30 Junie 2005 met ’n jaarliks aangepaste koers van 4% gegroei

het. Dit is die 27ste agtereenvolgende kwartaal van ekonomiese

groei. Jaar-tot-jaar-kleinhandelverkope het in reële terme met

12% gegroei en verbruikersvertroue het hoog gebly.

Rentekoerse het ’n fyn balans gehandhaaf tussen die Regering

se inisiatiewe om inflasie te beperk, die heersende sterkte

van die geldeenheid en ’n sterk plaaslike ekonomie aan die een

kant en stygende verbruikerskuldvlakke en invoere aan die

ander kant.

Diskresionêre verbruikersbesteding het gedurende die tydperk

onder oorsig toegeneem en gefokus op duursame produkte,

maar daar was ’n afname in die gedeelte wat op alkoholiese

drank bestee is. Ons is van mening dat die strawwe aksynsverhogings

ten opsigte van wyn (en in ’n mindere mate

spiritualieë) verbruikerspatrone verander het. In plaas daarvan dat

verbruik ontmoedig word, neig hierdie verhogings om verkope

ondergronds te dryf en moedig dit onwettige handel aan.

Aangetekende groei in die plaaslike verkope van wyn en

spiritualieë is, op sy beste, weer eens gedemp met wynverkope

wat met 1% en spiritualieë wat met 2% gestyg het. Die

kategorieë wat die beste gevaar het, was reg-om-te-drink (RTD)

alkoholiese drank, premium spiritualieë, likeurs en vonkelwyne. In

die meeste gevalle het Distell se vertoning dié van die algehele

mark weerspieël, behalwe vir gefortifiseerde wyne, waar ons

beter as die mark presteer het.

Die sterk rand het internasionale markte toenemend bemoeilik

vir Suid-Afrikaanse vervaardigers, hoewel dit ook gelei het tot

die daarstelling van broodnodige sakedissiplines, veral in die

bestuur van alle aspekte van die waardeketting. Boonop word

beter wynboupraktyke oral bekendgestel. Dit sluit in die

DISTELL JAARVERSLAG 2005

beplanning vir spesifieke markte nog voordat die wingerde

gevestig word, wat verseker dat verbouingsprosesse en

bedryfskoste beter aanpas by die eindproduk en sy beoogde

pryspunt.

Dit het toenemend duidelik geword dat ons bedryf se toekoms

nie in die lae pryssegment lê nie, maar in die medium en hoër

pryssegment, waar die land se unieke mededingende voordele

beter benut moet word. In hierdie opsig word die Wyne van

Suid-Afrika (WOSA)-inisiatief om die implikasies van die ryk

biodiversiteit van die land se wingerdstreke te vergroot,

verwelkom. Dit is dringend noodsaaklik dat pogings om die

unieke karakter van Suid-Afrikaanse produkte te beklemtoon,

beter gekoördineer moet word tussen alle betrokke partye,

insluitende die Regering.

Die groei van Suid-Afrikaanse wynuitvoere, in waarde sowel as

volume, en die betreding van nuwe markte wys dat pryse meer

verband hou met volumetendense as ooit tevore en dit word in

ons eie prestasie weerspieël. Groter internasionale bewuswording

van en respek vir Suid-Afrikaanse wyne het gehelp om

die verkope van Distell-wyne regdeur alle prysvlakke te verhoog.

Dit het gebeur ondanks ’n sterk rand en bekragtig weer eens

ons voortgesette investering in handelsmerke.

Transformasie

Distell ondersoek tans die strukturering van ’n swart bemagtigingsinisiatief

wat alle werknemers, sowel as die breë gemeenskappe

waarby ons betrokke is, sal bevoordeel. Beduidende

vordering is al in hierdie opsig gemaak en besonderhede sal

bekend gemaak word sodra dit gefinaliseer is.

Onrealistiese hoë verwagtinge vir vinnige transformasie in die

wynbedryf, veral wat betref die eienaarskap van bates, word

weerspieël in die trae oordrag van grondbesit. ’n Verslag wat

onlangs deur die Universiteit van Stellenbosch vrygestel is, dui

daarop dat daar tot op datum nie meer as 120 wynbouprojekte

17

OORSIGTE VOORSITTERSVERSLAG