03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

26

OORSIGTE BESTURENDE DIREKTEUR SE VERSLAG

Besturende direkteur se verslag

Finansieringskoste en kontantvloei

Kontant gegenereer uit bedryfsaktiwiteite het tot R794,5 miljoen

gestyg in vergelyking met verlede jaar se R761,2 miljoen.

Kontant teruggehou uit bedryfsaktiwiteite het R263,5 miljoen

(2004: R344,9 miljoen) beloop.

Die groep het kapitaalbesteding aansienlik verminder en

beleggings om bedrywighede in stand te hou en uit te brei het

R92,8 miljoen (2004: R161,2 miljoen) beloop.

Die groep het ’n netto kontantvloei van R171,9 miljoen

gegenereer, met ’n ekwivalente vermindering in die netto

rentedraende verpligtinge, en gevolglik het die netto

finansieringskoste met R42,5 miljoen tot R52,3 miljoen

verminder.

Rentedekking, wat netto rente betaal in verhouding tot wins

voor rente en belasting is, het vanaf 6,1 tot 13,9 verbeter.

Buitelandse valutabewegings

Die groep het valutablootstellings, wat hoofsaaklik ontstaan

vanweë transaksies in buitelandse geldeenhede.

Enige verandering in die wisselkoers wat plaasvind tussen

die transaksiedatum en betalings- of verslagdoeningsdatum,

word apart in die inkomstestaat aangetoon in terme van AARP.

In die vorige jaar is ’n verlies van R24,9 miljoen in dié opsig

gereflekteer. Gedurende die oorsigjaar was wisselkoerse minder

wisselvallig en gevolglik is geen verliese gely nie.

Belasting

Die effektiewe belastingkoers het van 25,7% tot 28,3% gestyg,

hoofsaaklik vanweë die verhoogde betaling van sekondêre

belasting op maatskappye (SBM).

Wesensverdienste

Wesensverdienste het met 34,5% tot R482,2 miljoen gestyg.

Dié groei kan hoofsaaklik toegeskryf word aan ’n toename in

bedryfswins van 19,8% en ’n aansienlike vermindering van

finansieringskoste en buitelandse valutaverliese.

Dividende

Die direkteure het besluit om dividend nommer 34 van 67 sent

per aandeel te verklaar, wat die dividend vir die jaar tot 30 Junie

2005 op 123 sent (2004: 97 sent) per aandeel te staan bring.

Hierdie dividend verteenwoordig ’n dividenddekking van

2,0 keer (2004: 1,9 keer) op wesensverdienste.

Besonderhede van die dividendbetaaldatum en ander verwante

inligting word uiteengesit in aantekening 25 by die finansiële state.

Beleggings en befondsing

Totale bates het met R152,5 miljoen tot R5,0 miljard gestyg, wat

’n styging van 3,2% op die vorige jaar is.

Kapitaalbesteding, wat primêr gefokus was op vervanging en

doeltreffendheidsverbeterings, het R92,8 miljoen (2004: R161,2

miljoen) beloop.

Belegging in bedryfskapitaal het met 5,1% tot R1,87 miljard

gestyg. Verbeteringe van stelsels en prosesse het die bestuur in

staat gestel om verder op algehele voorraadomsetsnelheid te

verbeter (voorraad in verhouding tot die koste van goedere

verkoop) sonder om klantediensvlakke te beïnvloed. Algehele

voorraadomsetsnelheid het van 210 tot 205 dae verbeter.

Netto rentedraende verpligtinge is van R485,9 miljoen verlede

jaar tot R265,0 miljoen op 30 Junie 2005 verminder. Netto

rentedraende verpligtinge in verhouding tot die netto

kontantvloei van normale bedryfsaktiwiteite het vanaf 0,64 tot

DISTELL JAARVERSLAG 2005

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!