03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

voorsitterskap van D Prins, ’n onafhanklike, nie-uitvoerende

direkteur. Die voorsitter van die direksie tree nie as voorsitter van die

ouditkomitee op nie.

Die komitee vergader minstens vier keer per jaar. Die eksterne

ouditeure, die besturende direkteur, die finansiële direkteur en die

groepsekretaris is op elke vergadering teenwoordig terwyl ander

lede van die bestuurspan, insluitende interne ouditverteenwoordigers,

vergaderings bywoon wanneer dit vereis word.

Wanneer aangeleenthede waarby die betrokke uitvoerende

amptenare teenwoordig is met die eksterne ouditeure bespreek

word, onttrek eersgenoemde hulle egter aan die vergadering.

Lede van die ouditkomitee en die interne en eksterne ouditeure het

onbeperkte toegang tot enige inligting wat hulle in die nakoming

van hul verantwoordelikhede benodig. Verder het die interne en

eksterne ouditeure onbeperkte toegang tot die ouditkomitee se

voorsitter.

Die interne ouditafdeling doen regstreeks verslag aan die

ouditkomitee en is ook teenoor die finansiële direkteur

verantwoordelik wat deurlopende aangeleenthede betref. Die

besturende direkteur word voorsien van afskrifte van alle belangrike

verslae, wat dan met hom bespreek word.

Die vergoedingskomitee

Die vergoedingskomitee is verantwoordelik vir die beoordeling en

goedkeuring van ’n breë vergoedingstrategie vir die groep, met

inbegrip van korttermyn- en langtermynaansporingskemas vir

uitvoerende bestuur. Die vergoedingstrategieë is daarop gemik om

werknemers teen markverwante vlakke te vergoed en in ooreenstemming

met hul bydrae tot die groep se bedryfs- en finansiële

prestasie. Ten einde aandeelhouers se belange te bevorder, word

aandele-aansporings as ’n kritieke element van uitvoerende

bestuur se aansporingsvergoeding beskou.

Die komitee bepaal die vergoeding van die uitvoerende en nieuitvoerende

direkteure en senior bestuur.

Die vergoedingskomitee is verantwoordelik vir die identifisering,

beoordeling en benoeming van potensiële nuwe direkteure. Nuwe

DISTELL JAARVERSLAG 2005

direkteure ontvang gepaste oriënteringsmateriaal om hulle met alle

aspekte van die besigheid vertroud te maak.

Die vergoedingskomitee bestaan uit drie nie-uitvoerende

direkteure, wie se besonderhede op bladsy 8 verskyn, en staan

onder voorsitterskap van DM Nurek.

Ooreenkomstig sy handves het die komitee vanjaar twee keer

vergader.

Verantwoordbaarheid en oudit

Interne oudit

Die mandaat van die groep se interne ouditfunksie is in pas met die

oudit-en-risikokomitee se goedgekeurde handves waarvolgens die

bestuur van onafhanklike, objektiewe konsultasie- en

versekeringsdienste ten opsigte van beheermaatreëls, risikobestuur,

korporatiewe bestuur en bedryfsdoeltreffendheid voorsien

moet word.

Die hooffunksie van die groep se interne ouditeure is om die groep

se bedrywighede onafhanklik te beoordeel, gepaardgaande

besigheidsrisiko’s te identifiseer en die doeltreffendheid vas te stel

van interne bedryfs- en finansiële beheerstelsels wat toegepas

word om hierdie risiko’s te bestuur. Dit word gedoen sodat sulke

risiko’s bestuur kan word en wesenlike tekortkominge, nienakoming

en ontwikkelingsareas onder die aandag van bestuur, die

eksterne ouditeure en die ouditkomitee gebring kan word sodat dit

aangespreek kan word. Die ouditfunksie beoordeel bowenal die

tersaaklikheid, betroubaarheid en integriteit van bestuurs- en

finansiële inligting, die doeltreffende en ekonomiese aanwending

van hulpbronne, die beveiliging van bates, voldoening aan

toepaslike beleid, prosedures, wetgewing en regulasies en die

voorkoming van vermorsing, oordadigheid en bedrog.

Die funksie van die groep se interne oudit is ook om ’n

fasiliteringsrol ten opsigte van risikobestuur te vervul waardeur

verseker word dat die proses van risikobestuur altyd die hoogste

prioriteit geniet, maar sonder om verantwoordelikheid vir risikobestuur

self te aanvaar, wat die verantwoordelikheid van die

betrokke lynbestuur bly.

31

MAATSKAPLIK KORPORATIEWE BESTUUR

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!