03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Ons mense

Die inspirasie vir ’n waarlik uitsonderlike Suid-Afrikaanse maatskappy

Distell, as ’n verantwoordelike werkgewer, voldoen aan alle

arbeidswetgewing wat relevant is in die lande waar

die maatskappy sake doen. In Suid-Afrika onderskryf die

maatskappy onder andere die Wet op Arbeidsverhoudinge,

die Wet op Diensgelykheid, die Wet op Vaardigheidsontwikkeling

en -heffing, die Wet op Basiese Diensvoorwaardes en die Wet op

Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes.

Die funksie van die menslikehulpbronne-afdeling is om as

strategiese vennoot die maatskappy in al sy werksaamhede te

dien, om sigbaar in die werkplek te wees en om die meganismes

te verskaf vir ’n duidelike begrip van individuele en breë sakeaktiwiteite

en -beginsels.

Die jaar se fokusgebiede en hoogtepunte

Distell se mees inspirerende spanne

Elke Distell-werknemer is deel van ’n spesifieke span in die

organisasie en daar is aan elke span sekere doelwitte, in

ooreenstemming met die maatskappy se kernwaardes,

toegewys. Al die werknemers in die maatskappy is gevra om

spanne te nomineer wat ’n spesifieke maatskappywaarde die

beste opsom. Die kategorieë was:

• Om pret te hê, die beste te wees!

• Viering van diversiteit

• Handelsmerktrots

• Agente vir verandering

• Klantefokus

• Uniek

Ons gee regdeur hierdie verslag erkenning aan die ses

wenspanne.

Werknemerprestasie-bestuurstelsel (WPBS)

’n Werknemerprestasie-bestuurstelsel word op alle werknemers

op toesighoudende, administratiewe en bestuursvlak toegepas.

Alle betrokkenes teken ’n eie, persoonlike prestasiebeoordelingskaart

en hul prestasies word dan beoordeel aan

voorafbepaalde individuele, span- en maatskappydoelwitte.

Aansporingsbonusse word ook op hierdie basis bepaal. Na

gesprekke met vakbonde, met die oog daarop om alle

werknemers in die prestasiebestuurstelsel in te sluit met ingang

van 1 Julie 2005, het die vakbonde te kenne gegee dat hul lede

dit goedkeur.

Missiegerigte spanne (MS)

Die konsep van missiegerigte spanne, wat oorspronklik op

produksie-aanlegte gemik was en toe uitgebrei het na alle

verspreidingsaanlegte, gee aan werkspanne ’n basis om die

DISTELL JAARVERSLAG 2005

kwaliteit, spoed, koste, moraal en innoverings rakende hul werk

op ’n daaglikse basis te beoordeel.

“Rewards for Awards”

Ons wyn- en spiritualieë-spanne, van wingerdboukundiges tot

wynmakers en distilleerders, behaal steeds groot suksesse in

belangrike kompetisies, soos die International Wine & Spirit

Competition in Londen, die International Spirits Challenge, die

internasionale WINE Magazine Challenge, die SA Nasionale

Wynskou wat die Veritas-medaljes toeken, die Michelangelo

International Awards, die Fairbairn Capital Wine Trophy Awards

en nog ander. Die “Rewards for Awards”-projek vier hierdie

prestasies.

Leierskapontwikkeling

Distell Leierskapontwikkelingsprogram (DLOP)

As deel van ’n projek om talent te beloon en leierskapsvaardighede

te bou, terwyl gapings in vaardighede gesluit word,

bied Distell ’n leierskapontwikkelingsprogram aan in samewerking

met die Gordon Institute of Business Science, een van die

40 voorste sakeskole wêreldwyd. Na ’n strawwe keuringsproses

is 69 kandidate in 2004 en ’n verdere 43 in 2005 gekies om

leierskapsopleiding te ontvang. Vanuit die 2004-groep kom 55%

van die kandidate uit histories benadeelde groepe, terwyl dit in

2005 tot 86% gestyg het.

Vordering in beroepsontwikkeling

’n Inisiatief is geloods om ’n versameling kernbevoegdhede wat vir

elke area van die maatskappy se besigheid benodig word saam te

stel, met ’n proefprojek by die produksie-aanleg by Green Park. Die

proses vorm die grondslag om gepaste opleiding en ontwikkeling

vir die ondersteuning van individuele prestasie te kan beoordeel en

het gehelp om gestruktureerde beroepsontwikkelingsgeleenthede

te bepaal. Vanweë die proefprojek se sukses is daar besluit om dit

na ander aanlegte uit te brei.

MIV/Vigs-bewusmaking

Die MIV/Vigs-bewusmakings- en ingrypingsprogram wat in

2002 begin is, is in die oorsigjaar voortgesit. Tot op datum is

3 519 of 82% van alle werknemers reeds opgelei oor hoe om

die siekte te hanteer en hoe om te help om ’n ondersteunende

en nie-bedreigende werksomgewing te skep vir diegene wat

deur die siekte geraak word. Distell se MIV/Vigs-bewusmakingsveldtog

behels ook die opleiding van opvoeders uit eie

geledere en die saamstel en verspreiding van inligting oor die

siekte. Vrywillige toetsing word aangemoedig en persone wat

positief toets, word ondersteun deur ons Werknemerbystandprogram.

47

MAATSKAPLIK ONS MENSE

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!