03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Korporatiewe verantwoordelikheid

Wertheim-sentrum is ’n gesamentlike projek van SAN en die

Noord-Kaapse regering. Dié sentrum verleen hulp aan die

versorgers van kinders met FAS en hul gesinne. Dit skep ook

bewuswording onder die gemeenskap oor die gevare van

drankgebruik deur swanger vroue en is ’n veilige hawe vir vroue

en kinders. ’n Tweede fasiliteit in Upington is amper voltooi en sal

na verwagting in September formeel geopen word, terwyl planne

vir ’n derde sentrum in die Boland ook vorder.

Die BVA is ook in gesprek met gemeenskapsleiers om die

ontwikkeling van stabiele maatskaplike omgewings met

voldoende toevlug tot sport- en ontspanningsfasiliteite te bevorder.

Distell se reklamebeginsels

Die volgende beginsels is van toepassing op alle advertensies,

verpakkings- en promosiemateriaal wat namens die maatskappy

vervaardig word:

• Advertensies mag nie onverantwoordelike drankgebruik

uitbeeld of aanmoedig nie. Dit het byvoorbeeld betrekking op

die hoeveelheid drank wat in ’n advertensie gedrink word.

• Drankreklame mag nie op persone jonger as 18 jaar gemik word

nie. Niemand wat met die drink van drank in ’n advertensie

geassosieer word, mag jonger as 25 jaar wees nie. Niemand

jonger as 18 jaar mag in advertensies uitgebeeld word nie, tensy

dit in natuurlike omstandighede soos byvoorbeeld in ’n

gesinstoneel of in agtergrondskares is. Daar mag nie gewys

word dat hulle alkohol drink nie en dit mag ook nie geïmpliseer

word nie. Geen karakters of ikone met spesiale aantrekkingskrag

vir kinders mag in advertensies gebruik word nie.

• Advertensies mag nie in enige medium wat spesifiek op

kinders gerig is, geplaas word nie. Advertensies mag ook nie

tydens die reklamepouse onmiddellik voor, gedurende of

onmiddellik na kinderprogramme uitgesaai word nie.

• Advertensies mag nie impliseer dat alkoholverbruik

noodsaaklik is vir beroeps- of sosiale sukses of aanvaarding

DISTELL JAARVERSLAG 2005

nie of dat weiering ’n teken van swakheid is nie. Drankadvertensies

mag ook nie op ’n uitdaging gegrond wees nie of

impliseer dat diegene wat nie die uitdaging aanvaar om ’n

spesifieke drankie te drink nie, op enige wyse tekort skiet.

• Advertensies mag nie op seksuele toegeeflikheid of

permissiwiteit sinspeel of voorgee of daarop sinspeel dat alkohol

regstreeks bydra tot seksuele sukses of verleidelikheid nie.

• Advertensies mag nie voorgee dat alkohol genesende

eienskappe het nie en dit mag nie uitdruklik as ’n stimulant,

kalmeermiddel of verdowingsmiddel aangebied word nie.

Advertensies mag na die verfrissende eienskappe van ’n

alkoholiese drankie verwys, maar mag nie impliseer dat die

drink daarvan prestasie kan verbeter nie.

• Advertensies mag nie alkoholgebruik suggereer onder

omstandighede wat normaalweg as onraadsaam, onvanpas of

onwettig beskou word nie, soos voor enige aktiwiteit wat

nugterheid, vaardigheid of noukeurigheid vereis nie.

Voorbeelde van sulke aktiwiteite is wanneer ’n voertuig bestuur

word, of werk of sport wat intense fisieke inspanning vereis.

• Advertensies sal nie swanger vroue uitbeeld nie.

• Alkohol mag nie teen ’n agtergrond van aggressiewe of

antisosiale gedrag geadverteer word nie.

• Alle advertensies in die gedrukte media, televisie en flieks

moet die boodskap “Nie te koop aan persone onder 18 jaar

nie” vertoon. Die minimum spesifikasies vir die vertoon van

hierdie boodskap is ontwerp om die duidelike sigbaarheid

daarvan te verseker. Voorts:

• mag daar geen verandering in die bewoording van die

boodskaplyn wees nie; en

• in die geval van TV- en fliekadvertensies moet die boodskap

vir die duur van die advertensie vertoon word.

Die volgende reëls is ook van toepassing op alle promosieveldtogte

wat in Distell se naam onderneem word:

39

MAATSKAPLIK KORPORATIEWE VERANTWOORDELIKHEID

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!