03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2

JAARSTATE REKENINGKUNDIGE BELEID

Rekeningkundige beleid en definisies

transaksie aanleiding gee tot ’n bate of las, dan word

die kumulatiewe bedrag wat in ekwiteit erken is,

aangepas teen die aanvanklike erkenning van die

bate of verpligting. Ander kontantvloei-verskansingsinstrumente

se kumulatiewe bedrag teen

ekwiteit erken, word ingesluit in netto inkomste

of verlies in die tydperk waarin die verpligting of

vooruitgeskatte transaksie inkomste of verlies raak.

Verrekening

Indien daar ’n huidige afdwingbare reg bestaan om

erkende finansiële bates en finansiële laste teen mekaar

te verreken, en waar dit die voorneme is om gelyktydig

die verpligting af te los en die bate te realiseer, of om op

’n netto basis te skik, word alle verwante finansiële

aangeleenthede teen mekaar verreken.

Openbaarmaking van finansiële instrumente waarby

die groep betrokke is, word in aantekening 30 by

die finansiële jaarstate uiteengesit.

1.16 Aftreevoordele

Aftreefondse

Die groep bied pensioen-, aftree- of voorsorgfondsvoordele

aan alle werknemers.

Die rekeningkundige pensioenkoste van die omskrewevoordeel-fondse

word bepaal deur gebruik

te maak van die geprojekteerde kredieteenhedemetode.

Ingevolge dié metode word die koste om

pensioene te voorsien in die inkomstestaat verreken

deur die koste te versprei oor die dienstermyn van

werknemers. Die pensioenverpligting word bepaal

volgens die huidige waarde van die geskatte

toekomstige kontantuitvloeie deur gebruik te maak

van rentekoerse van staatseffekte wat ongeveer

dieselfde terme tot vervaldatum het as die verwante

verpligting.

Die netto surplus of tekort van die voordeelverpligting is

die verskil tussen die huidige waarde van die befondsde

verpligtinge en die billike waarde van fondsbates.

Die aktuariële winste en verliese word versprei in die

toekoms oor die gemiddelde oorblywende werkslewe

van die werknemers.

Die bydraes van die groep tot vastebydraepensioenfondse

word teen inkomste verreken

gedurende die tydperk waartydens werknemers

diens aan die groep lewer.

Mediese fondse

Mediesefondsbydraes word teen inkomste verreken

gedurende die tydperk waartydens werknemers

diens aan die groep lewer.

Die groep maak voorsiening vir aktuarieelbepaalde

toekomstige mediese voordele ten opsigte van

werknemers wat aftree, gebaseer op die aanname

dat die werknemer diens sal lewer tot en met

aftree-ouderdom en die minimum dienstydperk sal

voltooi.

Die verwagte koste van dié voordele word oor die

tydperk van diens geakkumuleer deur gebruik te maak

van rekeningkundige metodologie wat ooreenstem

met dié van omskrewevoordeel-pensioenfondse.

Waardasies van dié verpligtinge word uitgevoer deur

onafhanklike gekwalifiseerde aktuarisse.

Ekwiteitsvergoedingsvoordele

Die groep se bestuursaandeleaansporingskema

word deur Die Distell Groep Aandeleskema bestuur.

Aandeleopsies word toegestaan aan bestuur en

sleutelpersoneel met meer as drie jaar diens. Opsies

word toegestaan teen die markprys van die aandele

op die dag van die aanbod en is uitoefenbaar teen

daardie prys. Opsies moet uitgeoefen word binne

een jaar na die aanbod en is betaalbaar binne tien

jaar in drie gelyke jaarlikse paaiemente. Die eerste

paaiement is eers betaalbaar na drie jaar. Die

opbrengs ontvang, netto van enige transaksiekoste,

word teen aandelekapitaal (nominale waarde) en

aandelepremie gekrediteer. Die groep verantwoord

nie ‘n bedrag as deel van personeelkoste ten opsigte

van aandeleopsies nie.

1.17 Inkomste-erkenning

Inkomste uit die verkoop van produkte word erken

wanneer aflewering plaasgevind het en dit deur die

klant aanvaar is, indien nodig. Inkomste uit dienste

word erken sodra die diens gelewer is. Hierdie

inkomste word erken na aftrekking van belasting op

toegevoegde waarde (BTW), algemene verkoopsbelasting

(AVB), kortings en na uitskakeling van

intergroepverkope.

Ander inkomste verdien deur die groep word soos

volg erken:

• Rente-inkomste: soos dit toeval, tensy invorderbaarheid

twyfelagtig is

• Dividendinkomste: wanneer die aandeelhouer

onvoorwaardelik geregtig is op betaling.

1.18 Segmentverslagdoening

Die groep is ’n vervaardiger, bemarker en

verspreider van alkoholiese drank.

Die geïdentifiseerde primêre sakesegment is drank.

Op ’n sekondêre verslagdoeningsgrondslag is

beduidende geografiese distribusiestreke gedefinieer

(aantekening 27).

Koste tussen streke is toegedeel volgens die

werklike kostebasis.

DISTELL JAARVERSLAG 2005

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!