03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Korporatiewe bestuur

Voldoen aan die beginsels van gesonde korporatiewe bestuur

Verslag van korporatiewe bestuur

Korporatiewe bestuur, van kritieke belang vir Distell se sukses as ’n

besigheid en om die belange van sy aandeelhouers te beskerm,

word deur die maatskappy se direksie en verskeie subkomitees

van die direksie behartig en gemoniteer. Die direkteure is

onvoorwaardelik verbind tot die beginsels van goeie bestuur en

aanvaar gevolglik volle verantwoordelikheid vir die toepassing van

die nodige dissipline om die hoogste standaarde van professionaliteit,

integriteit, onafhanklikheid, billikheid en maatskaplike

verantwoordelikheid te handhaaf en erken hul aanspreeklikheid

teenoor alle belangegroepe. Deursigtigheid in bestuursprosesse

gee aandeelhouers en ander belangegroepe die versekering dat

die groep volgens etiese norme en internasionale beste praktyk

bestuur word binne die grense van omsigtig bepaalde risikoperke.

Die direksie is van mening dat die groep wesenlik voldoen aan al die

belangrike beginsels wat vervat is in die Kode van Korporatiewe

Praktyk en Gedrag soos uiteengesit in die tweede King-verslag en

die Noteringsvereistes van die JSE Beperk (“JSE”).

Direksie

Die direksie bepaal die strategiese doelwitte van die groep, besluit

oor prestasiemaatstawwe en identifiseer belangrike risiko-areas.

Die uitvoerende bestuur is dan verantwoordelik vir die

gedetailleerde beplanning en die uitvoering van hierdie strategieë in

ooreenstemming met toepaslike risikoperke.

Die direksie hou die bestuur aanspreeklik vir hul handelinge, wat

deur middel van gereelde verslae gemoniteer en beheer word. Dié

verslae stel die direksie in staat om:

• Volle en effektiewe beheer oor die groep te behou en die

bestuur se implementering van beplanningstrategieë te

moniteer;

• Die uitvoerende bestuur se prestasie teenoor besigheidsplanne,

begrotings en bedryfstandaarde te beoordeel;

• Belangrike finansiële aangeleenthede, met inbegrip van

beleggingsbesluite, te oorweeg;

• Finansiële en nie-finansiële aangeleenthede wat in die

besigheid ter sake is, te identifiseer, oorweeg, moniteer en,

indien wenslik, goed te keur;

DISTELL JAARVERSLAG 2005

• Die toepassing en nakoming van ’n omvattende stelsel van

beleidsmaatreëls, prosedures en beheermaatreëls te verseker;

• Gesonde bestuur te verseker, insluitende die nakoming van

tersaaklike wetgewing en regulasies, oudit- en rekeningkundige

beleid en die groep se interne bestuursbeginsels en

gedragskodes;

• Wesenlikheidsvlakke te definieer, sekere magte te behou en

ander aangeleenthede met die nodige skriftelike magtiging en

opdragte aan die bestuur of direksiekomitees te delegeer; en

• Bewus te wees van en hulle te verbind tot die onderliggende

beginsels van goeie korporatiewe bestuur en om

voldoening daaraan te moniteer en te handhaaf.

Die direksie staan onder voorsitterskap van onafhanklike, nieuitvoerende

direkteur DM Nurek en bestaan uit elf nie-uitvoerende

direkteure (waarvan agt onafhanklik is) en drie uitvoerende

direkteure, met inbegrip van die besturende direkteur. Die rolle en

verantwoordelikhede van die voorsitter en die besturende direkteur

is duidelik verdeel. Die voorsitter het geen uitvoerende verantwoordelikhede

nie.

Nie-uitvoerende direkteure, wat op grond van hul kennis en ervaring

van ’n wye verskeidenheid van sakeondernemings en sakesektore

aangestel word, vul die vaardighede en ondervinding van die

uitvoerende direkteure en die bestuur aan en lewer onafhanklike

menings oor sake onder bespreking. Al die direkteure beskik oor

die gepaste kennis en ondervinding wat nodig is om hul pligte te

verrig, en het wesenlike invloed by vergaderings. Dit verseker ’n

balans van outoriteit en verhoed dat enige enkele direkteur

onbeperkte besluitnemingsbevoegdheid het.

Oor die algemeen het direkteure geen vaste aanstellingstermyn nie

en tree hulle om die beurt uit. Op elke algemene jaarvergadering

van die maatskappy tree een derde van die direkteure uit (dié wat

sedert hul jongste verkiesing die langste die amp beklee) en word

hulle, indien beskikbaar, op die algemene jaarvergadering vir

heraanstelling oorweeg.

Die prosedure vir direksie-aanstellings is formeel, deursigtig en ’n

aangeleentheid vir die direksie as ’n geheel. Die direksie is altyd

29

MAATSKAPLIK KORPORATIEWE BESTUUR

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!