03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

18

OORSIGTE VOORSITTERSVERSLAG

Voorsittersverslag

was wat ’n verandering in grondbesit teweeggebring het nie.

Distell is by sommige van hierdie projekte betrokke, onder

andere die Papkuilsfontein- en die Uylenkraal-onderneming,

asook die Noord-Kaap/Vrystaat-Wingerdvestigingsmaatskappy.

Laasgenoemde is ’n bemagtigingsprojek wat plaaslike gemeenskappe

in die Noord-Kaap betrek. Dit is deur Distell geïnisieer

en gestruktureer, en verskeie ander rolspelers in die wynbedryf,

soos Winetech en die SA Wynbedryftrust, is ook daarby

betrokke. Verdere inligting oor hierdie onderneming kan gevind

word op bl. 41 van ons Volhoubaarheidsverslag.

Hoewel ons steeds nuwe soortgelyke geleenthede ondersoek,

moet in gedagte gehou word dat bates met hoë waardes en lae

opbrengste, tesame met ’n produk wat in ’n uiters kompeterende

mark meeding, beteken dat volhoubare transformasie

slegs moontlik is in ’n omgewing van sterk groei gerugsteun

deur die ontwikkeling van menslike hulpbronne. Dit is om

dié spesifieke rede dat al ons bemagtigingsprojekte, of dit die

oordrag van grond behels of nie, hoofsaaklik fokus op die

ontwikkeling van vaardighede.

Vordering is ook gemaak in die ontwikkeling van ’n Drankbedryf-

SEB-handves, waarin Distell ’n leidende rol speel, en die

ontwikkeling van ’n Wynbedryfhandves. Beide prosesse loop

parallel, met onderlinge koördinasie, maar kan eers voltooi word

wanneer die Departement van Handel en Nywerheid die kodes

vir goeie praktyke gefinaliseer het. Dié kodes sal aandui wat die

regering verwag van alle SEB-handveste.

Wetgewing

Distell is in ’n goeie posisie om sy verpligtinge na te kom wat

voortspruit uit die nasionale Drankwet, wat reeds byna ’n jaar in

werking is. Dié wet vereis dat vervaardigers en verspreiders van

alkoholiese drank by die Minister van Handel en Nywerheid vir

’n hersiening van hul registrasies moet aansoek doen, wat

beoordeel sal word aan die hand van mededingende optrede,

hul verbintenis tot SEB en die veldtog teen alkoholmisbruik.

Provinsiale drankwetgewing het nie gevorder teen die tempo,

soos deur die bedryf vereis nie, en huidiglik het slegs KwaZulu-

Natal, die Oos-Kaap en Gauteng wetgewing in plek. Die

Gautengse wetgewing is egter in ’n aantal wesenlike opsigte

gebrekkig. Die bewoording en die administrasie van die

wetgewing wat poog om die drankbedryf te reguleer, is ver

verwyder van die werklikhede van die bedryf. Dit veroorsaak

verwarring en moedig die verontagsaming van die wet aan.

Gevolglik was ’n aantal partye genoodsaak om regsaksies in te

stel om die aangeleentheid behoorlik aan te spreek.

Verantwoordelike drankgebruik

Ons glo dat drankmisbruik en drankgebruik deur minderjariges

beter aangespreek word deur holistiese maatreëls wat vatbare

groepe identifiseer en met geskikte ingrypings bystaan. Sulke

ingrypings sluit in die opvoeding van verbruikers en programme

oor lewensvaardighede; om lisensiehouers op te lei oor hoe ’n

kultuur van matigheid onder hul klante ontwikkel en gevestig kan

word; om berading aan misbruikers te verskaf en hulle te

rehabiliteer; en deur die implementering van verantwoordelike

advertensies, verpakking, promosies en verkope. Dit is die aanslag

wat gevolg word deur ons nywerheidsliggaam, die Bedryfsvereniging

vir Verantwoordelike Alkoholgebruik (BVA), waarvan

ons ’n toonaangewende lid is. Die BVA vorm die grondslag vir die

daarstelling van ons vennootskappe en uitvoering van ons

strategieë in ons handelinge met die Regering op plaaslike en

nasionale vlak. Besonderhede hiervan kan gevind word op

bladsy 39 van ons Volhoubaarheidsverslag.

Algemeen

Die inisiatief wat twee jaar gelede begin is om alle afdelings van

die wynbedryf in ’n enkele liggaam te koördineer, die SA Wyn- en

Brandewynmaatskappy, het ongelukkig nie die beoogde sukses

behaal nie. Daar word gehoop dat alle rolspelers ’n beter basis

vir konsensus sal vind om sodoende verbeterde koördinering

tussen alle fasette van die bedryf toe te laat. Ondanks die gebrek

aan eenstemmigheid is die verskillende liggame in die bedryf –

wat belas is met spesifieke take soos uitvoere, navorsing en

versameling en verspreiding van data – onverpoos besig en hul

werk bly van kritiese belang in die bestuur en leiding om groei in

die bedryf te behaal.

DISTELL JAARVERSLAG 2005

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!