03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

ly dit beskerm deur bemarkingstrategieë wat spesifiek ontwerp

is vir elke mark.

Verkope in Duitsland, die VK en Brasilië dui op voortgesette

verbuikersondersteuning van die produk. Ons belê ook aansienlik

in die VSA, waar die toename in verspreidingspunte nou

gestabiliseer het, en ons fokus op sewe sleutelstate om

handelsmerkbewustheid te vergroot. Kanada was die een

teleurstellende mark, waar ’n staking van vier maande by die

staatsbeheerde alkoholkleinhandelmonopolie in Quebec, saamgeval

het met die spitsverkoopseisoen aan die einde van die

jaar. Die stakings wat in Februarie geëindig het, het meegebring dat

verskoopsvolumes aansienlik afgeneem het, maar ons is bemoedig

deur die verbetering van verkope sedertdien en is besig om verlore

volumes in te haal.

Boonop sal ’n nuwe wêreldwye advertensieveldtog, wat gedurende

die nuwe jaar in Kanada, Duitsland, die VK en die VSA van stapel

gestuur word, Amarula se unieke posisie verbeter.

Ons gaan ook voort met die verkenning van verspreidingsvennootskappe

terwyl ons Amarula se wêreldwye afset uitbrei en

terselfdertyd bande met bewese verspreidingsvennote versterk.

Bedrywighede

Vordering met kostebestuurdoelwitte was in lyn met mikpunte.

Danksy verbeterde doeltreffendheid kon ons herbelê in

strategiese areas van die onderneming, onder meer die

bekendstelling van groter verkoops- en bemarkingsvermoëns

en ’n aansienlik groter bemarkingsbesteding op ons

sleutelhandelsmerke.

Aangesien doeltreffende aankooppraktyke die belangrikste

geleentheid bied om ons algehele basiskoste te verminder, bly

DISTELL JAARVERSLAG 2005

dit ’n topprioriteit. Deur noue samewerking met sleutelverskaffers

is ons in staat om sekere markte te betree. Dit bied

nuwe geleenthede wat tot die uiteindelike voordeel van alle

deelnemers in die waardeketting sal wees.

’n Projek vir die verbetering van ons stelsels en programme vir

aanvraagvooruitskatting is goed op dreef. Verbeterde

akkuraatheid in voorspellings behoort ’n verdere vermindering in

voorraad mee te bring sonder om uitstekende klantediensvlakke

in gedrang te bring, terwyl dit beplanning in samewerking met

sleutelverskaffers verbeter. Dit behoort ook te lei tot die

vermindering van die eenheidskoste van produksie en afval.

Gedurende die jaar het ons die SAP-stelsel in ons primêre

produksie-omgewing geïmplementeer – ’n eerste in die wyn- en

spiritusbedryf. Die meeste kernbedryfstelsels in die groep word

nou ondersteun deur ’n enkele ondernemingshulpbronstelsel

(ERP-stelsel) wat geïntegreerde beplanning in alle sakeeenhede

sal verbeter. Dit sal ook standaard-kostebeheer

verbeter en inligting verskaf wat betyds en akkuraat is, en

sodoende besluite kan ondersteun.

Die vroeëre implementering van die konsep van Missiegerigte

Spanne (MS) in ons bedryfsomgewing begin bemoedigende

resultate lewer. Die konsep vorm die basis vir voortdurende

verbetering en ’n prestasiegedrewe klantedienskultuur, en

bevorder die waardes van spanwerk, eienaarskap en

ondernemingsgees. Dit gee ook aan werknemers ’n forum waar

hulle kan deelneem aan maatskappysake.

Ons bedryfsafdelings het verskeie verbeterings in hul

sleutelmaatstafkriteria aangebring en het alle interne doelwitte

bereik wat aan die begin van die jaar gestel is. Dit behels onder

meer doelwitte soos voorraadvermindering, vermindering in die

Die Redskins

weet hoe om die onmoontlike in ’n wensituasie

te verander. Deur vurig in hulself en in Distell te glo,

het hulle alle verwagtings ver oortref.

Die doelwit is om ’n vragmotor binne 65 minute te

laai. Hul tyd ... 35 minute.

23

OORSIGTE BESTURENDE DIREKTEUR SE VERSLAG

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!