Vier ons diversiteit in eensgesindheid – respek en waardigheid vir almal Phezulu New Germany-<strong>span</strong>: Wenner – viering van diversiteit DISTELL JAARVERSLAG 2005
Besturende direkteur se verslag koste van aankope, produkbeskikbaarheid en diensvlakke, kwaliteitstandaarde en afval- en batebenutting. Akkreditering en sertifiserings Almal, behalwe twee van die maatskappy se sewentien primêre produksie-aanlegte, is ISO 9001:2000 geakkrediteer, asook alle sekondêre produksie- en verspreidingsaanlegte en die meeste afdelings van die hoofkantoor. Die kelders van Adam Tas, Bergkelder, JC le Roux en Nederburg, asook die sekondêre produksie-aanlegte in Green Park, Port Elizabeth, Springs en Wadeville is gesertifiseer as Hazard Analysis and Critical Control Points (HACCP). Die kelders van Adam Tas, Bergkelder, JC le Roux en Nederburg, asook die sekondêre produksie-aanlegte in Green Park en Port Elizabeth, het British Retail Consortiumakkreditasie ontvang. Die Adam Tas-kelder het ook International Food Standardsertifisering verwerf. Durbanville Hills en Nederburg het ISO 14001-sertifisering verkry. Tot op datum is Worcester, Robertson en Goudini se primêre produksie-aanlegte deur die Wine Industry Ethical Trade Association (WIETA) geakkrediteer en ander primêre aanlegte word tans geoudit . Finansiële en bedryfsresultate Omset Omset, op ’n hersaamgestelde grondslag, het met 7,0% tot R6,0 miljard toegeneem. Algehele verkoopsvolumes het met 1,8% gestyg. DISTELL JAARVERSLAG 2005 Verkoopsvolumes in die plaaslike mark weerspieël ’n gunstige verkoopsmengsel en het met 1,0% toegeneem. Ons handelsmerke in die spiritualieë- en die reg-om-te-drink-kategorie (RTD) het steeds beter as dié in die wynkategorie vertoon. Die volumes vir spiritualieë het met 3,4% gestyg. RTD-verkope het met 3,7% gegroei (2004: 0,2%) ten spyte van verskerpte mededinging. Verkoopsvolumes van natuurlike wyne het egter onder druk gebly en met 2,6% afgeneem. Dit is hoofsaaklik vanweë verhoogde mededinging tussen plaaslike produsente wat op die plaaslike mark begin konsentreer het danksy die sterk rand. Internasionale verkoopsvolumes, buiten Afrika, het met 7,0% gestyg. Natuurlike wyne het ’n volumetoename van 8,7% getoon. Verkope van Amarula Cream het egter met 3,2% afgeneem. Internasionale omset het konstant gebly, grotendeels weens ’n minder winsgewende verkoopsmengsel en ’n sterker rand. Omset in Afrika-lande (waaronder Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland) het met 3,3% gestyg. Netto bedryfswins Die toename van 19,8% in die bedryfswins is hoofsaaklik veroorsaak deur ’n toename in omset en ’n voortgesette verbetering in die verkoopsmengsel in die plaaslike mark. Die groep is ook bevoordeel deur ’n verhoogde deurset, verdere bedryfsdoeltreffendhede en gunstige aankoopinisiatiewe. Dit het daartoe gelei dat ons die belegging in handelsmerke kon verhoog en vermoëns in die groep kon vestig om die toekomstige groei van omset te ondersteun. Die netto bedryfsmarge, ’n belangrike prestasie-aanwyser, het verbeter van 10,4% tot 12,0%. 25 OORSIGTE BESTURENDE DIREKTEUR SE VERSLAG