03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Uitgestelde belasting word voorsien op tydelike

verskille wat ontstaan uit beleggings in filiale,

geassosieerdes en gesamentlike ondernemings,

behalwe waar die aanwending van die tydelike verskil

beheer kan word en dit waarskynlik is dat dit nie in die

nabye toekoms sal omswaai nie.

1.9 Handels- en ander debiteure

Handels- en ander debiteure deur die groep

gegenereer word getoon teen kosprys min voorsiening

vir waardedaling. ’n Raming vir die

waardedaling van debiteure word op jaareinde

gedoen en word gebaseer op ’n hersiening van alle

uitstaande bedrae. Slegte skulde word afgeskryf

gedurende die jaar waarin dit geïdentifiseer word.

1.10 Kontant en kontantekwivalente

Kontant en kontantekwivalente bestaan uit kontant op

hande, oornagdeposito’s by banke en ander hoogs

likiede korttermynbeleggings met aanvanklike termyne

van drie maande of minder en dit word getoon teen

kosprys. Oortrokke bankrekeninge is ingesluit by

korttermyn rentedraende verpligtinge.

1.11 Tesourie-aandele

Aandele wat deur Die Distell Groep Aandeleskema in

die maatskappy gehou word, word getoon teen

kosprys en as tesourie-aandele geklassifiseer. Hierdie

aandele word afgetrek van die uitgereikte getal

aandele en word in ag geneem in die berekening van

die geweegde gemiddelde getal aandele uitgereik. Die

kosprys van die aandele word van die groep se

ekwiteit afgetrek.

1.12 Voorsienings

Voorsienings word erken waar die groep ’n huidige

wetlike of afgeleide verpligting het as gevolg van

gebeure in die verlede wat waarskynlik sal lei tot ’n

uitvloei van fondse ten einde die verpligting, wat met

redelike sekerheid geraam kan word, na te kom.

1.13 Buitelandse entiteite

Die bates en laste van buitelandse entiteite word na

Suid-Afrikaanse rand omgeskakel teen die sluitingskoers

op die finansiële jaareinde. Inkomste- en

uitgawe-items word teen die gemiddelde wisselkoerse

gedurende die relevante rekeningkundige

tydperk omgeskakel. Verskille wat met omskakeling

ontstaan word as nie-verdeelbare reserwes

verantwoord.

1.14 Buitelandse valutatransaksies en -balanse

Transaksies in buitelandse valuta word na Suid-

Afrikaanse rand teen die heersende lokokoers op

die transaksiedatum omgeskakel. Monetêre bates,

laste en verpligtinge in buitelandse valuta word op

die finansiële jaareinde na Suid-Afrikaanse rand

omgeskakel teen die heersende koers. Valutatermynkontrakte

word omgeskakel teen markver-

DISTELL JAARVERSLAG 2005

wante vooruitdekkingskoerse op die finansiële

jaareinde. Verskille wat met omskakeling ontstaan,

word afsonderlik in die inkomstestaat geopenbaar.

1.15 Finansiële instrumente

Finansiële instrumente word aanvanklik teen

kosprys, wat transaksiekoste insluit, gemeet.

Finansiële instrumente in die balansstaat getoon

bestaan uit kontant en kontantekwivalente, beleggings,

handels- en ander debiteure, handels- en

ander krediteure, hure en lenings. Spesifieke

erkenningsmetodes toegepas word geopenbaar in

die beleidsaantekening geassosieer met elke item.

Afgeleide instrumente

Afgeleide bates en verpligtinge word herprys teen

die huidige gekwoteerde bodpryse vir bates

gehou of vir verpligtinge uitreikbaar of die aanbodprys

vir verkrygbare bates of verpligtinge gehou.

Die groep maak gebruik van finansiële instrumente

om blootstellings aan wisselkoersveranderings en

rentekoerse te verminder. Hierdie instrumente

bestaan hoofsaaklik uit valutatermynkontrakte en

rentekoersruiltransaksies. Die doel van hierdie

instrumente is om risiko te verminder.

Valutatermynkontrakte beskerm die groep teen wisselkoersveranderings

deur die koers, waarteen ’n buitelandse

bate of las vereffen moet word, vas te maak.

Rentekoersruiltransaksies beskerm die groep teen

veranderings in rentekoerse. Enige verskille

betaalbaar of ontvangbaar op ’n rentekoersruiltransaksie

word erken as ’n gedeelte van rente-inkomste

of -uitgawes oor die termyn van die ooreenkoms.

Winste en verliese op die vroeë beëindiging van

rentekoersruiltransaksies of op die terugbetaling van

lenings word in die inkomstestaat verreken.

Winste en verliese op daaropvolgende meting

Winste en verliese wat met daaropvolgende metings

ontstaan, word soos volg erken:

• Winste en verliese wat ontstaan uit ’n verandering

in die billike waarde van finansiële instrumente

wat nie deel is van ’n verskansingsooreenkoms

nie, word ingesluit in netto inkomste of verlies in

die tydperk waarin dit ontstaan, behalwe vir

beskikbaar-vir-verkoop finansiële bates waar die

winste en verliese direk teen ekwiteit erken word

totdat die finansiële bate verkoop word of ’n

permanente waardedaling plaasvind.

• Winste of verliese wat ontstaan uit daaropvolgende

meting van billikewaarde-verskansingsinstrumente

word onmiddellik in netto inkomste of verlies erken.

• Winste of verliese wat ontstaan uit daaropvolgende

meting van kontantvloeiverskansingsinstrumente

word aanvanklik direk teen ekwiteit erken. Indien die

verskansde ferm verpligting of vooruitgeskatte

61

JAARSTATE REKENINGKUNDIGE BELEID

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!