03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

36

MAATSKAPLIK KORPORATIEWE VERANTWOORDELIKHEID

Korporatiewe verantwoordelikheid

Biodiversiteit-en-Wyn-Inisiatief (BWI)

Die uitvaardiging van die Wet op Biodiversiteit (Wet 10 van

2004), wat gemik is op die omskrywing en bewaring van

bedreigde ekosisteme, fokus op die noodsaaklikheid van die

landboubedryf om volhoubare groeipraktyke te volg wat die

inheemse natuurlike habitat sal bewaar. Die wet gee ook

momentum aan die BWI, wat die inheemse habitat wil beskerm,

veral die renosterveld- en die laaglandfynbos-ekosisteem, terwyl

die groot verskeidenheid wyne wat in sulke diverse

omstandighede vir wynverbouing moontlik is, verblydend is.

Deur die klem te plaas op die wye verskeidenheid wyne wat

deur die ryk biodiversiteit van die Kaapse Blommeryk (die

kleinste en oorvloedigste op die planeet) moontlik gemaak

word, gee die BWI aan Suid-Afrikaanse wynprodusente

’n hoogs mededingende voordeel op wêreldwye markte, ’n

eienskap wat ontwikkel word deur Wyne van Suid-Afrika in sy

internasionale veldtog, Handelsmerk Suid-Afrika.

Die biodiversiteit-riglyne is in Augustus 2004 deur die

Geïntegreerde Wynproduksieriglyne as deel van BWI aanvaar.

Distell het ’n belangrike rol gespeel by die opstel van hierdie riglyne

en ondersteun BWI om inheemse flora en fauna te beskerm, nie

net op sy eie plase nie, maar werk ook met sy verskaffers saam

om dieselfde te doen. Baie van die maatskappy se praktyke

bestaan al lankal en sluit in die verwydering van indringerplante in

samewerking met die Departement van Bosbou, die hervestiging

van laaglandfynbos en renosterveld, die beskerming van die

ekologies sensitiewe vleilande en skaars plantspesies, deelname

aan die Bewaringsvoogdyskapprogram, die bekamping van

gronderosie en die grootskaalse aanplant van dekgewasse.

So byvoorbeeld het die projek om ’n paar honderd hektaar

indringerplante op Plaisir de Merle te verwyder, toestande

geskep wat voordelig is vir die hervestiging van fynbos, wat nou

op die plaas floreer. Op soortgelyke wyse word ongeveer

150 hektaar renosterveld op Papkuilsfontein beskerm.

Distell is ook betrokke by ’n wynmaakproses by Gansbaai. In

’n gesamentlike onderneming met ’n konsortium het die

maatskappy ’n 99-jaarhuurkontrak aangegaan vir ’n eiendom,

waar 100 van 400 hektaar grond bewerk is vir ’n reeks van rooien

witwyn-druifvariëteite. Inheemse habitat word bewaar,

indringerplantegroei word uitgeroei en fynbos word hervestig

deur middel van ’n sorgvuldig beplande program.

Die Nederburg-veiling (wat aangebied word deur Nederburgwynmakery,

’n nasionale erfenisterrein) het vanjaar die biodiversiteittema

gebruik om aan die land se wynprodusente, die wynbedryf en

die media die belangrikheid van die BWI-bewaringsbeginsels en die

talle bemarkingsvoordele wat dit bied, uit te lig.

Amarula-olifantnavorsingsprogram

Olifante met hul grootte, sosiale aard en enorme verorbering van

plantegroei word al hoe meer beperk tot klein, omheinde reservate en

skep ’n unieke probleem vir die bestuurders van wildplase. Die

Amarula-olifantnavorsingsprogram is ’n langtermynnavorsingsprojek

wat kundigheid van verskeie dissiplines van die Universiteit van Natal,

sowel as van ander Suid-Afrikaanse en internasionale akademiese

inrigtings, bymekaarbring. Deur ’n span van heeltydse en deeltydse

navorsers, asook PhD- en MSc-studente te gebruik, betrek die

program die regering se bewaringsagentskappe en private wildplase

en ook ekoloë om planne vir die bestuur van die olifante te skep wat

gegrond is op die versamelde data. Projekte sluit in: die gebruik van

ouer bulolifante om adolessente wesies te mentor; om die doodmaak

van renosters by die Pilanesberg- en die Hluhluwe-Umfolozi-park te

voorkom; die invoer van olifante na St Lucia (’n wêrelderfenisgebied);

navorsing oor stresvlakke by olifante vanweë toerisme; en die

ontwikkeling van bewaringsinisiatiewe vir parke en reservate.

Wêreldnatuurfonds van Suid-Afrika (WWF-SA) en die

Vredesparkstigting

Distell, deur sy saamgesmelte maatskappye, het ’n verbintenis

met WWF-SA wat terugdateer tot by die totstandkoming van die

fonds in Suid-Afrika in 1968. Betrokkenheid sluit die beskerming

van habitat, bewaring van spesies en natuurlike hulpbronne in.

Distell ondersteun ook die Suid-Afrikaanse Natuurlewekollege, ’n

gesamentlike inisiatief van die WWF-SA en die Vredesparkstigting.

Die kollege is ’n opleidingsinstituut vir wildbewaarders dwarsdeur die

DISTELL JAARVERSLAG 2005

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!