03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

22

OORSIGTE BESTURENDE DIREKTEUR SE VERSLAG

Besturende direkteur se verslag

Collection Reserve, en die bekendstelling van ’n Oude Meester

Reserve-brandewyn en verskeie geurrotasies in die RTDspektrum,

onder meer Esprit Red Apple. Hierdie inisiatiewe het

ook die opgradering van die verpakking van Graça, Esprit en

ander handelsmerke gemotiveer.

Ons program vir bemarkingsvernuwing is ondersteun deur ’n

meer uitgebreide verkoopspan wat beter opgedeel is om

spesifieke areas van die mark te dien. Boonop word die

verkoopspan verder ondersteun deur ’n belegging in

geoutomatiseerde stelsels wat sodoende hul produktiwiteit en

dienslewering verhoog.

Internasionale mark

Nadat ons in die jaar geëindig 30 Junie 2004 ’n uitsonderlike

volumetoename van 30,2% aangeteken het, het ons die

toenames gekonsolideer met ’n verdere volumegroei van 7,0%

gedurende die oorsigjaar.

Wyne

Sedert 2001 het ons internasionale wynverkope ’n saamgestelde

jaarlikse groeikoers van 19,4% getoon. Nieteenstaande

aansienlike konsolidasie van die kleinhandel en die sterker

bedingingsmag van die kruideniersgroepe, sowel as aggressiewe

kortings toegestaan deur mededingers en vererger deur ’n

wêreldwye ooraanbod, was ons in staat om ’n paar noemenswaardige

suksesse in sleutelmarkte te behaal.

• Ons het ’n verspreidingsooreenkoms met Brown-Forman

Wines Europe gesluit om Durbanville Hills in die VK te

bemark, wat die handelsmerk se afsetgebied aansienlik

behoort te vergroot. Na die jaareinde het ons ons bande

verder versterk met die moedermaatskappy, Brown-Forman

Corporation, wat nou Durbanville Hills nasionaal in die VSA

verteenwoordig. Dit is benewens Amarula Cream, wat sedert

2002 deur hulle verteenwoordig word. Na ons mening dui dié

nouer samewerking daarop dat ons daartoe in staat is om

met groot rolspelers in die internasionale drankbedryf saam te

werk. Dit verskaf ook aan ons die waardevolle geleentheid vir

groter verspreiding in die VSA. Volgens raminge sal die VSA

in 2008 die wêreld se grootste wynmark wees in terme van

verbruikersbesteding.

• Ons het die afset van ons handelsmerke in die VK aansienlik

vergroot deur nuwe produknoterings by belangrike

kruideniersgroepe.

• Ons het ons wynbedrywighede in Holland geherstruktureer

deur ’n verspreidingsooreenkoms te sluit met Vinites, ’n

belangrike rolspeler in kruideniersverspreiding.

• Ons het aansienlike volumetoenames in Skandinawië

behaal, met groot deurbrake in Swede en Denemarke.

• Hoewel ons intreewyne goeie vordering in die Duitse mark

getoon het, het Nederburg aggressiewe prysmededinging

ervaar, maar steeds die ondersteuning van verbruikers geniet.

Ons bly vasberade in ons betrokkenheid by die beskerming

van die handelsmerk en het ons belegging daarin vergroot.

Dit behels onder meer ’n ambisieuse mediaveldtog wat

geskeduleer is vir September 2005. Ons vertrou dat dié

belegging sal lei tot die herwinning van verlore volumes.

• Ons is steeds besig om ons markaandeel in Kanada te

vergroot met produkte soos Two Oceans en Obikwa.

Amarula Cream

Internasionaal bly die roomlikeurkategorie steeds uiters mededingend.

Meer as 20 nuwe handelsmerke probeer aktief om ’n

aandeel in hierdie winsgewende mark te bekom, maar ons is

verheug dat Amarula steeds die tweede plek naas die

wêreldleier, Baileys Irish Cream, handhaaf. Die saamgestelde

jaarlikse groei van 5,7% wat sedert 2001 behaal is, onderstreep

die waarde wat ons in hierdie wonderlike handelsmerk het. Ons

DISTELL JAARVERSLAG 2005

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!