03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

0

JAARSTATE AANTEKENINGE BY DIE FINANSIËLE JAARSTATE

Aantekeninge by die finansiële jaarstate

vir die jare geëindig 30 Junie

28. Verpligtinge (vervolg)

Finansieringsbruikhuurverpligtinge

Die groep het finansieringsbruikhuurkontrakte aangegaan by finansiële instellings vir die huur van voertuie vir ’n

tydperk van tussen 48 en 60 maande. Die bruikhuurpaaiemente is betaalbaar aan die einde van elke maand. Die

eienaarskap van die voertuie gaan aan die einde van die tydperk oor na werknemers van die maatskappy. Die

kontrakte het geen voorwaardelike hure nie.

Na 1 jaar,

Binne nie later as 2005 2004

1 jaar 5 jaar nie Totaal Totaal

R’000 R’000 R’000 R’000

Minimum huurbetalings 710 1 980 2 690 1 725

Finansieringskoste (159) (240) (399) (246)

551 1 740 2 291 1 479

Huidige waarde van minimum huurbetalings 680 1 608 2 288 1 475

29. Waarborge

29.1 Waarborge vir personeelbehuisingslenings 3 995 3 898

29.2 Waarborge vir wingerdvestigingslenings 50 120

Die waarborge vir die wingerdvestigingslenings is verseker deur geregistreerde verbande op plaaseiendom met

’n markwaarde van R79,4 miljoen.

29.3 In vorige jare het die groep R67 miljoen as vergoeding vir die afstanddoening van distribusieregte van sekere

whiskey-handelsmerke ontvang. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens is van mening dat die transaksie aan

inkomstebelasting en belasting op toegevoegde waarde onderhewig is en het gewysigde aanslae ten bedrae van

R29,5 miljoen uitgereik. Die groep het appèl teen hierdie aanslae aangeteken. Die aangeleentheid sal gedurende

Oktober 2005 in die Spesiale Inkomstebelastinghof aangehoor word.

29.4 Die banklenings van sekere geassosieerdes en filiale word deur houermaatskappye in die groep gewaarborg.

30. Finansiële risikobestuur

30.1 Tesourierisikobestuur

Die groep handhaaf ’n omsigtige, maar aanpasbare, benadering met betrekking tot vooruitdekking. Dit is daarop

gerig om valuta- en rentekoersrisiko’s te verminder of uit te skakel deur die mees koste-effektiewe metodes

beskikbaar te gebruik. Senior uitvoerende bestuur en adviseurs vergader gereeld om valuta- en rentekoersblootstellings

te ontleed en om tesouriebestuurstrategieë teen hersiene ekonomiese vooruitskattings te herevalueer.

Die beleid van die groep word jaarliks deur die raad van direkteure hersien.

30.2 Valutarisikobestuur

Die groep word blootgestel aan veranderinge in wisselkoerse op transaksies, hoofsaaklik aankope en verkope, in

geldeenhede anders as SA rand. Ten einde hierdie risiko te beheer kan die groep transaksies aangaan, binne

goedgekeurde prosedures en limiete, wat gebruik maak van finansiële instrumente, ingesluit valutatermynkontrakte.

Die groep spekuleer nie met of handel in finansiële instrumente nie.

DISTELL JAARVERSLAG 2005

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!