03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

0

JAARSTATE REKENINGKUNDIGE BELEID

Rekeningkundige beleid en definisies

1.4 Beleggings en lenings

Langtermynbeleggings word aanvanklik teen kosprys,

wat transaksiekoste insluit, getoon. Na die aanvanklike

erkenning word hierdie instrumente soos volg gemeet:

Hou-tot-verval-beleggings

Hou-tot-verval-beleggings word teen geamortiseerde

koste gedra deur gebruik te maak van die effektiewerentekoers-metode.

Handels- en beskikbaar-vir-verkoop-beleggings

Bemarkbare sekuriteite word teen billike waarde

gedra. Dit word bereken met verwysing na die

beurs-gekwoteerde sluitingspryse op 30 Junie.

Ongenoteerde beleggings word teen billike waarde

gedra. Dit word bepaal deur die gebruikmaking van

aanvaarde waardasiemetodes.

Ander beleggings en lenings

Ander beleggings word teen geamortiseerde koste

gedra.

By die verkoop van ’n belegging word die verskil

tussen die netto verkoopsopbrengs en die drabedrag

teen inkomste verreken.

Die belegging van Distell Groep Beperk in South

African Distilleries and Wines (SA) Beperk word teen

kosprys getoon in die maatskappy se finansiële state.

1.5 Ontasbare bates

Klandisiewaarde

Klandisiewaarde wat ontstaan by die verkryging van

filiale/geassosieerdes verteenwoordig die oorskot

tussen die aankoopprys en die toeskryfbare redelike

waarde van die netto bates verkry.

Klandisiewaarde op verkrygings wat ontstaan het

tussen 1 Julie 2000 en 31 Maart 2004 is in die balansstaat

as ’n ontasbare bate getoon en is geamortiseer

volgens die reguitlynmetode oor die verwagte

nuttige lewensduur daarvan tot 30 Junie 2004.

Klandisiewaarde op verkrygings wat ontstaan het

voor 1 Julie 2000 is ten volle verreken teen behoue

inkomste; sodanige klandisiewaarde is nie terugwerkend

gekapitaliseer en geamortiseer nie. Klandisiewaarde

op verkrygings op of na 31 Maart 2004

word teen kosprys getoon.

Klandisiewaarde se drabedrag word jaarliks hersien

en, waar nodig, afwaarts aangepas in gevalle van

permanente waardedalings.

Die wins of verlies met die verkoop van ’n entiteit sluit

die ongeamortiseerde saldo van klandisiewaarde

met betrekking tot die entiteit wat verkoop word, in.

Handelsmerke

Uitgawes aangegaan by die verkryging van handelsmerke

of handelsname word teen die kosprys vir die

groep gekapitaliseer. Geen waarde word geplaas op

handelsmerke of handelsname wat intern ontwikkel is

nie.

Die drabedrag van elke ontasbare bate word

jaarliks hersien en aangepas vir waardedalings,

waar nodig.

Uitgawes om handelsmerke en handelsname in

stand te hou word teen inkomste verreken.

1.6 Navorsings- en ontwikkelingsuitgawes

Navorsings- en ontwikkelingsuitgawes word teen

inkomste verreken soos en wanneer dit aangegaan

word.

1.7 Voorraad

Voorraad word waardeer teen die laagste van

kosprys of netto realiseerbare waarde. Kosprys word

bereken volgens die eerste-in-eerste-uit (EIEU)waardasiemetode.

Die koste van voltooide goedere

en onvoltooide werk sluit in grondstowwe, direkte

arbeidskoste, ander direkte kostes en relevante

bokoste, maar sluit finansieringskoste uit.

Netto realiseerbare waarde is die verwagte verkoopprys

in die normale gang van sake, na aftrekking van

die verwagte koste van voltooiing en verkoopsuitgawes.

1.8 Belasting

Uitgestelde belasting word voorsien teen heersende

koerse volgens die aanspreeklikheidsmetode.

Alle tydelike verskille tussen die belastingwaarde

van ’n bate of verpligting en die

balansstaat-drawaarde daarvan word voorsien.

Geen uitgestelde belasting word voorsien in omstandighede

waar die aanvanklike erkenning op die datum van

verkryging van die bate of las geen effek op die

rekeningkundige wins of belasbare inkomste het nie.

Bates ten opsigte van uitgestelde belasting op

aangeslane verliese word nie geskep nie, tensy dit

waarskynlik is dat toekomstige belasbare inkomste

beskikbaar gaan wees waarteen die onbenutte

aangeslane verliese in die afsienbare toekoms

gerealiseer kan word.

Sekondêre belasting op maatskappye (SBM) word

voorsien op dividendbetalings, netto van dividende

ontvang of ontvangbaar, en word as ’n belastingheffing

erken in die jaar waarin die dividend betaal word.

Uitgestelde belasting word voorsien op die onbenutte

gedeelte van SBM-krediete wat in die afsienbare

toekoms benut gaan word.

Buitelandse aandeelhouersbelasting word voorsien

ten opsigte van buitelandse dividende slegs wanneer

die dividend erken word.

DISTELL JAARVERSLAG 2005

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!