03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

46

MAATSKAPLIK KORPORATIEWE VERANTWOORDELIKHEID

Korporatiewe verantwoordelikheid

Erfenisversameling

Distell bewaar ’n versameling van unieke en belangrike

erfenisgoed van onskatbare waarde, onder meer die woonhuise

en inhoud van Nederburg, Plaisir de Merle en die Oude Drostdy

in Tulbagh. Ons en Lusan Premium Wyne hou verskeie ander

bekende nasionale monumente in stand, onder meer die

woonhuise van Uitkyk, Le Bonheur en Neethlingshof. Hierdie

geboue – sommige dateer uit die laat 17de eeu – tesame met

Distell se versameling van antieke Kaapse meubels uit die 18de

en 19de eeu is van die belangrikste bates wat die Kaap se

wynverwante erfenis weerspieël.

Die maatskappy het ook ’n wye versameling van historiese wynen

brandewyn-verwante kunswerke wat in ons wyn- en

brandewynkelders ten toon gestel word. Hierdie artikels lok baie

belangstelling en het groot opvoedkundige waarde vir plaaslike

en oorsese besoekers.

Slegs outentieke, tradisionele museumtegnieke word gebruik

om die antieke kunswerke in Distell se sorg te bewaar en te

herstel. ’n Kurator is vir dié doel aangestel om toesig te hou oor

hierdie aktiwiteite. ’n Sentrale register vir antieke goedere,

implemente en wynperse word in Distell se argiewe gehou. Die

argiewe huisves ook boeke, foto’s, videomateriaal, dokumente

en inligting oor die maatskappy se geskiedenis, sy mense en

produkte, asook navorsingsmateriaal rakende die wyn- en

brandewynbedryf en hou dit in stand.

Om uitsonderlike, wêreldklas gehalte

te behaal is op sigself ’n prestasie, maar wanneer jy dit met onfeilbare reëlmatigheid

doen, selfs met toenames in volumes, plaas dit jou beslis in ’n klas van jou eie. Dit word

bereik deur verantwoordelikheid te aanvaar en jouself nog

meer te dryf. Of om aan die gang te kom en voor te bly.

DISTELL JAARVERSLAG 2005

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!