03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

30

MAATSKAPLIK KORPORATIEWE BESTUUR

Korporatiewe bestuur

bedag daarop om sy geledere met vars denke te versterk en om ’n

goeie balans tussen vaardighede en ondervinding te handhaaf.

Die doeltreffendheid van die direksiesamestelling en die werkverrigting

van al sy direkteure, die voorsitter ingesluit, word jaarliks

beoordeel.

Benewens hul direkteursgelde ontvang nie-uitvoerende direkteure

geen aandele-opsies of wesenlike voordele van Distell nie.

Daar word van alle lede van die direksie vereis om hul

aandeelhouding in Distell, ander direkteurskappe en enige

potensiële botsing van belange te openbaar. Dit is direkteure se plig

om te alle tye in die beste belang van die maatskappy op te tree.

Waar daar wel ’n potensiële botsing van belange bestaan, word

van hulle verwag om hulle aan tersaaklike besprekings en besluite

te onttrek.

Daar word van die direkteure en sekere ander werknemers vereis

om die voorsitter se toestemming te verkry voordat transaksies in

Distell-aandele aangegaan mag word. Die voorsitter sal sy

toestemming weerhou indien dit ’n geslote tydperk is of gedurende

enige tydperk waarin daar ongepubliseerde, prysgevoelige inligting

oor die maatskappy se aandele in sekere kringe in omloop is.

Die direksie vergader minstens elke twee maande om oorweging te

skenk aan ’n formele lys van aangeleenthede waaroor lede vooraf

ingelig word. Doeltreffende voorsitterskap en ’n formele agenda

verseker dat alle aangeleenthede opgehaal en bespreek word. Dit

stel direkteure in staat om hul verantwoordelikhede na te kom

en om te bepaal of voorgeskrewe funksies volgens bepaalde

standaarde uitgevoer is, binne die grense van omsigtige en

voorafbepaalde risikoperke en in ooreenstemming met

internasionale beste praktyk.

Die maatskappy het voldoende versekeringsdekking vir direkteure

en beamptes uitgeneem om voorsiening te maak vir enige

wesenlike eise teen direkteure en beamptes.

Alle direkteure het onbeperkte toegang tot die groepsekretaris, wat

optree as adviseur vir die direksie en sy subkomitees oor

aangeleenthede soos die nakoming van groepreëls en

-prosedures, statutêre regulasies en die King II-kode. Onafhanklike

professionele advies is in gepaste omstandighede op die

maatskappy se koste aan direkteure beskikbaar.

Die name en agtergrond van die direkteure en hul bywoning van

raadsvergaderings verskyn op bladsy 8 van die jaarverslag.

Subkomitees van die direksie

Bepaalde verantwoordelikhede word aan die komitees van die

direksie gedelegeer, met omskrewe mandate. By elke

direksievergadering doen komiteevoorsitters mondelings verslag

oor hulle bedrywighede, en notules van vergaderings word ook aan

die direksie voorgelê. Die vernaamste komitees van die direksie is

die volgende:

Die oudit-en-risikokomitee

Die oudit-en-risikokomitee evalueer gereeld die groep se

blootstelling aan en reaksie op wesenlike besigheids-, strategiese,

statutêre en finansiële risiko’s en:

• hersien die doeltreffendheid van die risikobestuursprosesse;

en

• hersien die geskiktheid en toereikendheid van die interne

finansiële en operasionele beheermaatreëls.

Die komitee hersien en evalueer ook rekeningkundige beleid en

finansiële inligting wat aan die publiek uitgereik word om te

verseker dat gepaste bestuurs- en verslagdoeningstandaarde

gehandhaaf word.

Dit is die ouditkomitee se taak om die aanstelling van eksterne

ouditeure aan te beveel, hul gelde te bepaal en die prestasie van

interne sowel as eksterne ouditeure te beoordeel. Die komitee

verseker ook dat daar doeltreffende kommunikasie tussen

direkteure, die bestuur en interne en eksterne ouditeure is. Die

risikobestuurswerkgroep staan die oudit-en-risikokomitee met sy

risikobestuursfunksie by.

Die ouditkomitee bestaan uit drie nie-uitvoerende direkteure wie se

besonderhede op bladsy 8 verskyn. Die komitee staan onder

DISTELL JAARVERSLAG 2005

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!