03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Besturende direkteur se verslag

Oorsig

Sedert Distell se totstandkoming in 2001 het ons daarin geslaag

om aandeelhouerswaarde te verbeter deur beduidende groei in

wesensverdienste te behaal en deur beter prestasie uit al ons

bates te put.

Distell het weer eens ’n suksesvolle jaar gehad. Ons het voortgegaan

om ons bedryfs- en bemarkingsvaardighede te verbeter

en het die meeste van die doelwitte bereik wat ons aan die begin

van die jaar gestel het. Wesensverdienste het met 34,5% gestyg

en het ’n saamgestelde jaarlikse groei van 23,5% behaal oor ’n

tydperk van vier jaar. Gedurende dieselfde tydperk het netto

bedryfsbates (synde vaste bates, voorraad en debiteure minus

krediteure) ’n saamgestelde jaarlikse groei van 3,8% getoon.

Gevolglik het die opbrengs op aandeelhouersfondse van 10,2%

in 2001 tot vanjaar se 17,0% verbeter.

Hoewel ons kan terugkyk op vier jaar van volgehoue verbetering,

moet nog baie gedoen word om ons aspirasies te bereik.

Volhoubare verbetering in aandeelhouerswaarde sal gegenereer

moet word uit winsgewende groei in omset. Daaarom het ons

gedurende die jaar ’n verbeterde bestuursbedryfstelsel geïmplementeer

om besigheidsfokus verder te verskerp en interne

samewerking te verbeter, terwyl ’n sterker markgerigtheid geskep

word, wat noodsaaklik is om ’n winsgewende markleier te wees.

Die plaaslike mark

Die groei in die plaaslike mark vir alkoholiese drank was

gedemp, soos reeds deur ons voorsitter genoem. Dit is

ondanks die groei in verbruikersbesteding soos duidelik blyk in

ander areas van die plaaslike ekonomie. Nietemin het

verbeterde verbruikersvertroue die groei in verkope van

premium produkte, waar Distell goed verteenwoordig word,

DISTELL JAARVERSLAG 2005

aangevuur. Benewens wyn en brandewyn het dit veral gegeld

vir Amarula Cream, wat groei van 15% in verkoopsvolumes

getoon het.

Die Suid-Afrikaanse drankmark bly ’n uitdaging vanweë die

toenemende mededinging in alle sektore, konsolidering tussen

kleinhandelaars en die ooraanbod van wyn. Dit plaas afwaartse

druk op wynpryse en marges in alle kategorieë. Ons bly egter

bemoedig deur ons sterk handelsmerke en die goed

gebalanseerde aard van ons portefeulje wat voorsiening maak

vir voorkeure van alle Suid-Afrikaners.

Ons het ons hulpbronne om ons markteenwoordigheid te

vergroot en die posisie van ons handelsmerke te versterk,

aansienlik vermeerder. Ons het ons bemarkingsafdeling

geherstruktureer, die kapasiteit van ons bemarkingspan met

nuwe talent vergroot en die bestaande vermoëns deur opleiding

en ontwikkeling versterk. Ons het ook ’n markaktiveringsprogram

van stapel gestuur om te fokus op klante- en

verbruikersverhoudinge en om die sigbaarheid van ons

handelsmerke uit te brei deur middel van groter promosieinisiatiewe.

Daarbenewens het ons die bevindinge van

uitgebreide klante- en verbuikernavorsing toegepas om die

advertensieveldtogte vir sommige sleutelhandelsmerke soos

Amarula, Klipdrift, Flight of the Fish Eagle, Hunter’s, Savanna,

Richelieu, Nederburg, Graça en JC le Roux op ’n nuwe en meer

suksesvolle wyse uit te voer. Ons is verheug deur die resultate

van verdere marknavorsing wat daarop dui dat hierdie veldtogte

groter handelsmerkbewustheid en herkenning van dié

handelsmerke meegebring het. Die stappe wat gedoen is om

ons bemarkingsbevoegdhede te verbeter was ook ’n aansporing

vir versnelde innovering, en verskeie uitbreidings en

opgraderings van handelsmerke is positief ontvang. Dit sluit in

byvoegings tot die luukse reeks brandewyne, Van Ryn’s

21

OORSIGTE BESTURENDE DIREKTEUR SE VERSLAG

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!