03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2

JAARSTATE DIREKTEURE SE VERANTWOORDELIKHEDE EN SERTIFIKAAT DEUR DIE GROEPSEKRETARIS

Direkteure se verantwoordelikhede

vir die finansiële verslagdoening

Die Maatskappywet, 1973, vereis van direkteure om

finansiële jaarstate vir elke finansiële jaar op te stel wat

die stand van die maatskappy en die groep, en die wins

en verlies vir die tydperk, redelik weergee. In die

voorbereiding van hierdie finansiële state word van die

direkteure verwag om:

• rekeningkundige beleid te bepaal en dit konsekwent

toe te pas;

• gesonde oordeel toe te pas en ramings te maak wat

redelik en omsigtig is;

• te meld of gestelde rekeningkundige standaarde

gevolg is, behoudens enige wesenlike afwykings wat

in die finansiële state geopenbaar en verduidelik

word; en

• die finansiële state op die lopendesaak-grondslag

op te stel tensy dit nie toepaslik is om te veronderstel

dat die groep sal voortgaan om sake te doen nie.

Die direkteure is verantwoordelik om behoorlike

rekeningkundige rekords te hou wat op enige tydstip met

redelike akkuraatheid die maatskappy se finansiële

posisie toon, ten einde te verseker dat die finansiële state

aan die Maatskappywet, 1973, voldoen. Hulle is in die

algemeen verantwoordelik om sodanige stappe te doen

wat redelikerwys moontlik is om die groep se bates

te beveilig en om bedrog en ander onreëlmatighede te

voorkom en op te spoor.

Hierdie finansiële jaarstate word ooreenkomstig Suid-

Afrikaanse Standpunte van Algemeen Aanvaarde

Rekeningkundige Praktyk (AARP) opgestel en behels

volle en verantwoordelike openbaarmaking in ooreenstemming

met die rekeningkundige beleid van die groep,

en is gegrond op redelike en omsigtige oordeel en

ramings.

Sertifikaat deur die groepsekretaris

Die direksie keur enige verandering in rekeningkundige

beleid goed en die uitwerking daarvan word volledig in die

finansiële jaarstate verduidelik.

Die direkteure het die groep se begrotings- en

kontantvloeivooruitskattings vir die tydperk tot

30 Junie 2006 in oënskou geneem. Op grond van hierdie

vooruitskattings, en met inagneming van die groep se

huidige finansiële posisie en die finansieringsgeriewe tot

sy beskikking, is hulle tevrede dat die groep oor

voldoende bronne beskik om sy bedrywighede in die

afsienbare toekoms voort te sit. Die finansiële jaarstate is

op die lopendesaak-grondslag opgestel.

Tussen die einde van die finansiële jaar en die datum van

hierdie verslag het geen gebeurtenis plaasgevind wat die

vertolking van hierdie verslag wesenlik beïnvloed nie.

’n Elektroniese weergawe van die finansiële state van die

groep word op die maatskappy se webwerf geplaas. Die

direkteure is verantwoordelik vir die instandhouding en

integriteit van die statutêre en geouditeerde inligting op

die maatskappy se webwerf.

Die finansiële jaarstate, soos uiteengesit op bladsy 53 tot

93, is deur die direksie goedgekeur en word namens hulle

onderteken deur:

DM Nurek JJ Scannell

Voorsitter Besturende direkteur

Stellenbosch

17 Augustus 2005

In my hoedanigheid as groepsekretaris bevestig ek hiermee, ingevolge die bepalings van die Maatskappywet, 1973, dat

die groep vir die jaar geëindig 30 Junie 2005 alle opgawes wat kragtens hierdie wet van ’n publieke maatskappy vereis

word, by die Registrateur van Maatskappye ingedien het en dat al dié opgawes waar, korrek en bygewerk is.

CJ Cronjé

Groepsekretaris

Stellenbosch

17 Augustus 2005

DISTELL JAARVERSLAG 2005

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!