03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

32

MAATSKAPLIK KORPORATIEWE BESTUUR

Korporatiewe bestuur

Die interne ouditeure doen ook onafhanklike ondersoeke oor

bedrog en ander onreëlmatighede.

Die interne ouditafdeling funksioneer onder die leiding van die

ouditkomitee en doen aan hulle verslag, maar is aan die groep

finansiële direkteur verantwoordelik vir dag-tot-dag-aangeleenthede.

Dit het onbeperkte toegang tot die voorsitter van die

ouditkomitee. Die interne ouditplan word voorgelê voordat

ouditkomiteevergaderings plaasvind en is gegrond op ’n bepaling

van potensiële risikogebiede. Al Distell se sakebedrywighede en

ondersteuningsfunksies word aan interne oudit onderwerp. Die

oudit-en-risikokomitee keur die jaarlikse ouditskedule goed.

Interne oudits word uitgevoer ooreenkomstig die Instituut van

Interne Ouditeure se standaarde.

Interne oudits word uitgevoer deur ouditspanne wat saamgestel

word uit behoorlik gekwalifiseerde en ervare personeel. Vir spesiale

take word daar soms gebruik gemaak van die dienste van

onafhanklike eksterne praktisyns en hulle geniet gelykwaardige

toegang tot inligting.

Na elke ouditopdrag word ’n gedetailleerde verslag aan die

uitvoerende bestuur voorgelê, wat aanbevelings insluit oor aspekte

wat verbeter moet word. Belangrike bevindings word aan die

ouditkomitee gerapporteer.

Eksterne oudit

Die eksterne ouditeure spreek ’n onafhanklike mening oor die

finansiële jaarstate uit. Die eksterne ouditfunksie verskaf redelike

sekerheid oor die akkuraatheid en betroubaarheid van finansiële

openbaarmakings, maar waarborg dit nie volkome nie.

Die eksterne ouditeur se plan word deur die oudit-en- risikokomitee

hersien om te verseker dat aangeleenthede waaroor daar wesenlike

besorgdheid bestaan, gedek word sonder om die eksterne ouditeur

se onafhanklikheid of sy reg om te oudit aan te tas.

Die interne en eksterne ouditeure werk nou saam met die doel om

gepaste gekombineerde ouditdekking te verseker en duplisering

van opdragte te beperk.

Interne beheer

Interne beheerstelsels is ontwerp om die risiko van die nienakoming

van sakedoelwitte te bestuur, eerder as om dit

heeltemal uit te skakel. Hierdie stelsels kan dus redelike

versekering, maar nie absolute versekering nie, teen

wanvoorstellings en verliese bied.

Hoewel die direksie vir interne beheerstelsels en vir die beoordeling

van die doeltreffendheid daarvan verantwoordelik is, berus die

verantwoordelikheid vir die implementering en instandhouding van

hierdie stelsels by die uitvoerende bestuur.

Die interne beheerstelsels is, net soos skriftelike beleid en

prosedures, gegrond op gevestigde bedryfstrukture en maak

voorsiening vir toepaslik gekwalifiseerde werknemers, die verdeling

van pligte, en behoorlik gedefinieerde bevoegdhede en

aanspreeklikhede. Dit sluit ook standaardkoste- en begrotingsbeheermaatreëls

en uitgebreide bestuursrapportering in.

Die groep se tesourie-afdeling is verantwoordelik om blootstelling

aan rentekoers-, likiditeits- en valutatransaksierisiko’s te beheer en

te verminder. Tesouriefunksies en -besluite word gelei deur

skriftelike beleid en prosedures asook deur duidelik gedefinieerde

bevoegdheidsvlakke en risiko-aanvaarding. Hoewel afgeleide

instrumente van tyd tot tyd gekoop word om spesifieke rentekoersof

valutablootstellings te verskans, gaan die groep se tesourieafdeling

nie spekulatiewe finansiële transaksies aan nie.

Die doeltreffendheid en eerbiediging van interne beheerstelsels

word deurlopend gemoniteer deur formele bestuursbeoordeling,

deur middel van internebeheer-kontrolelyste, asook deur die interne

en eksterne ouditprosesse. Die proses van internebeheerkontrolelyste

deur bestuur self vul bestaande strukture aan wat die

interne beheerstelsel evalueer, en is ontwerp om op ’n deurlopende

grondslag toegang tot beheermaatreëls te verkry, dit in stand te hou

en te verbeter. Alle afdelings rapporteer hul beoordelings op ’n

maandelikse grondslag.

Gedurende die verslagtydperk het geeneen van hierdie

beoordelings aangedui dat enige wesenlike tekortkominge in die

funksionering van interne beheermaatreëls voorgekom het nie.

DISTELL JAARVERSLAG 2005

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!