03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

42

MAATSKAPLIK KORPORATIEWE VERANTWOORDELIKHEID

Korporatiewe verantwoordelikheid

gegenereer kan word. Hulle word bekendgestel aan die

wynbedryf, en geleenthede vir grondeienaarskap word geskep.

Partye wat saam met Distell hierby betrokke is, is die wynnavorsingsliggaam

Winetech, die SA Wynbedryftrust, sowel as die

Griekwaland-Wes Koöperasie, Oranjerivier Wynkelders, Sentraal-

Wes Koöperasie en die Jacobsdal Botteleringsmaatskappy.

Die arbeidsintensiewe, lae-tegnologie-skema is ontwikkel om te

verseker dat die maatskappy ’n koste-effektiewe bron van

gedistilleerde wyn het. Die bedoeling is om hoëdigtheidwingerd op

ongeveer 700 hektaar te vestig deur die gebruik van onbewerkte

grond wat nie die enting van druiwestokke op wortelstokke vereis

nie en dus die insetkoste verlaag, die gebruik van lae-kostelatwerk,

sowel as vloedbesproeiing. Die verwagte opbrengs is

gemiddeld 45 ton per hektaar en oeste sal verwerk word by

bestaande distilleringskelders wat onderbenut word.

Distell waarborg die opname van oeste sodra hulle geproduseer

word om aan sy behoeftes te voldoen. Die maatskappy is ook

betrokke by die verskaffing van bestuurs- en tegniese

infrastruktuur, sowel as opleiding van opkomende boere wat by

die projek betrokke is.

Die eerste fase wat nou voltooi is, het eksperimentering met

verskeie wynboutegnieke en variëteite deur ’n span

wingerdboere van Winetech se navorsingstasie in Upington

behels, sowel as deur individuele kommersiële boere wat graag

wou deelneem. Die tweede fase wat tans aan die gang is,

behels die vestiging van kleinskaalse wingerde met ’n

gemiddelde grootte van 1,5 hektaar in Upington, Douglas,

Hartswater en Jacobsdal en betrek voorheen uitgeslote boere

by die projek. Vir dié doel gaan ’n bestuurder aangestel word

om al hierdie gelokaliseerde boerdery-inisiatiewe onder

beskerming van ’n Artikel 21-maatskappy te koördineer. Dié

maatskappy sal opgerig word as die Noord-Kaap/Vrystaat-

Wingerdvestigingsmaatskappy. Distell is een van die

maatskappy se sewe lede, tesame met Winetech, die SA

Wynbedryftrust, die drie koöperasies en die botteleringsmaatskappy.

Grond word beskikbaar gestel deur ’n verskeidenheid maatreëls,

waaronder grondhervorming, lenings wat deur boere toegestaan is,

grond wat deur boere gegee of verhuur word en die huur van

Regerings- en munisipale eiendom. Plantery begin vanjaar en sal

voortduur tot in 2006. Daar word beoog om in 2007 met ’n

kommersiële plantprogram van vyf jaar te begin.

Na gelang van die druifkwaliteit sal dit moontlik wees dat sommige

van die vrugte gedistilleer kan word as potketelbrandewyn. Dit is

ook moontlik dat die projek verder uitgebrei kan word om

aanplanting vir druifkonsentraat in te sluit en dus ’n bykomende

inkomstebron bied.

Lutouw, Olifantsrivier

Distell is ’n groot ondersteuner van Lutouw Landgoed, ’n hoëkwaliteitwynboerdery

by Lutzville wat langs die Olifantsrivier en ongeveer 6 km

van die see geleë is. Die maatskappy koop tans gehaltedruiwe vir sy

Fleur du Cap Ongefiltreerde Reeks en ook vir ander handelsmerke in

die topreekse. Die plaaswerkers het ’n aandeelhouding van 40% en

wingerdboudienste word op ’n kontrakbasis verskaf deur selfstandige

werkers, wat eers vir dié doel opgelei is in landbou- en

besigheidsvaardighede. Die maatskappy beplan om sy verhouding

met hierdie bemagtigingsonderneming verder uit te brei.

Die onderneming is in 2000 begin deur twee vooraanstaande

wynboere van Lutzville, Truter Lutz en Jan Louw, en die SA

Wynbedryftrust (SAW) bewaar aandele namens die werkers. Lutz en

Louw het die plaaswerkers ook bygestaan met die oprigting van

gespesialiseerde besigheidseenhede wat gekontrakteer word om

werk op die plaas te verrig.

Nadat 60 hektaar wingerd aangeplant is, het Lutouw Landgoed vir

Distell genader om hulle by te staan in die ontwikkeling van ’n verdere

37 hektaar vir wit variëteite, wat vir die maatskappy ’n verdere bron van

voorraad sal wees. Tot op hede is 15 hektaar nuwe wingerd geplant

en die res sal gedurende 2005 geplant word.

Uylenkraal/Gansbaai

Distell het ’n plaas van 75 hektaar langs die Lomond-wingerde in

Gansbaai gekoop met die uitsluitlike doel om ’n SEB-projek te

DISTELL JAARVERSLAG 2005

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!