Werk hard, speel hard – behou die balans Henry Taylor and Ries, nasionale verkoop<strong>span</strong>: Wenner – prestasiegedrewe kultuur DISTELL JAARVERSLAG 2005
Korporatiewe bestuur Voldoen aan die beginsels van gesonde korporatiewe bestuur Verslag van korporatiewe bestuur Korporatiewe bestuur, van kritieke belang vir <strong>Distell</strong> se sukses as ’n besigheid en om die belange van sy aandeelhouers te beskerm, word deur die maatskappy se direksie en verskeie subkomitees van die direksie behartig en gemoniteer. Die direkteure is onvoorwaardelik verbind tot die beginsels van goeie bestuur en aanvaar gevolglik volle verantwoordelikheid vir die toepassing van die nodige dissipline om die hoogste standaarde van professionaliteit, integriteit, onafhanklikheid, billikheid en maatskaplike verantwoordelikheid te handhaaf en erken hul aanspreeklikheid teenoor alle belangegroepe. Deursigtigheid in bestuursprosesse gee aandeelhouers en ander belangegroepe die versekering dat die groep volgens etiese norme en internasionale beste praktyk bestuur word binne die grense van omsigtig bepaalde risikoperke. Die direksie is van mening dat die groep wesenlik voldoen aan al die belangrike beginsels wat vervat is in die Kode van Korporatiewe Praktyk en Gedrag soos uiteengesit in die tweede King-verslag en die Noteringsvereistes van die JSE Beperk (“JSE”). Direksie Die direksie bepaal die strategiese doelwitte van die groep, besluit oor prestasiemaatstawwe en identifiseer belangrike risiko-areas. Die uitvoerende bestuur is dan verantwoordelik vir die gedetailleerde beplanning en die uitvoering van hierdie strategieë in ooreenstemming met toepaslike risikoperke. Die direksie hou die bestuur aanspreeklik vir hul handelinge, wat deur middel van gereelde verslae gemoniteer en beheer word. Dié verslae stel die direksie in staat om: • Volle en effektiewe beheer oor die groep te behou en die bestuur se implementering van beplanningstrategieë te moniteer; • Die uitvoerende bestuur se prestasie teenoor besigheidsplanne, begrotings en bedryfstandaarde te beoordeel; • Belangrike finansiële aangeleenthede, met inbegrip van beleggingsbesluite, te oorweeg; • Finansiële en nie-finansiële aangeleenthede wat in die besigheid ter sake is, te identifiseer, oorweeg, moniteer en, indien wenslik, goed te keur; DISTELL JAARVERSLAG 2005 • Die toepassing en nakoming van ’n omvattende stelsel van beleidsmaatreëls, prosedures en beheermaatreëls te verseker; • Gesonde bestuur te verseker, insluitende die nakoming van tersaaklike wetgewing en regulasies, oudit- en rekeningkundige beleid en die groep se interne bestuursbeginsels en gedragskodes; • Wesenlikheidsvlakke te definieer, sekere magte te behou en ander aangeleenthede met die nodige skriftelike magtiging en opdragte aan die bestuur of direksiekomitees te delegeer; en • Bewus te wees van en hulle te verbind tot die onderliggende beginsels van goeie korporatiewe bestuur en om voldoening daaraan te moniteer en te handhaaf. Die direksie staan onder voorsitterskap van onafhanklike, nieuitvoerende direkteur DM Nurek en bestaan uit elf nie-uitvoerende direkteure (waarvan agt onafhanklik is) en drie uitvoerende direkteure, met inbegrip van die besturende direkteur. Die rolle en verantwoordelikhede van die voorsitter en die besturende direkteur is duidelik verdeel. Die voorsitter het geen uitvoerende verantwoordelikhede nie. Nie-uitvoerende direkteure, wat op grond van hul kennis en ervaring van ’n wye verskeidenheid van sakeondernemings en sakesektore aangestel word, vul die vaardighede en ondervinding van die uitvoerende direkteure en die bestuur aan en lewer onafhanklike menings oor sake onder bespreking. Al die direkteure beskik oor die gepaste kennis en ondervinding wat nodig is om hul pligte te verrig, en het wesenlike invloed by vergaderings. Dit verseker ’n balans van outoriteit en verhoed dat enige enkele direkteur onbeperkte besluitnemingsbevoegdheid het. Oor die algemeen het direkteure geen vaste aanstellingstermyn nie en tree hulle om die beurt uit. Op elke algemene jaarvergadering van die maatskappy tree een derde van die direkteure uit (dié wat sedert hul jongste verkiesing die langste die amp beklee) en word hulle, indien beskikbaar, op die algemene jaarvergadering vir heraanstelling oorweeg. Die prosedure vir direksie-aanstellings is formeel, deursigtig en ’n aangeleentheid vir die direksie as ’n geheel. Die direksie is altyd 29 MAATSKAPLIK KORPORATIEWE BESTUUR