03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

SADC-gebied en is in die Krugerwildtuin geleë. Die maatskappy borg

elke jaar die pryse vir die top sertifikaat- en diplomakursusstudente.

Heelparty van dié studente vorder later tot by middel- en senior

bestuursposisies in bewaring by die voorste wildreservate in Afrika.

Kenya Wildlife Society

Die maatskappy, deur middel van Amarula, ondersteun hierdie

inisiatief van die Keniaanse regering om die belangrikheid van

bewaring te bevorder en oor te dra, en het in slegs een jaar

(2004) ’n totaal van R80 000 vir hierdie doel ingesamel.

Sedgwick’s Old Brown Sherry/ Oseanografiese Navorsing/

WWF-SA se Visetiketteringsprojek

Sedgwick’s Old Brown Sherry befonds een van die oudste en

mees geslaagde marienebewaringsprojekte in Suid-Afrika, wat

deur die WWF-SA bestuur word. Die projek is in 1984 begin en het

meer as 191 425 lynvisse vanuit 347 spesies langs die Suid-

Afrikaanse kusgebied gemerk en vrygelaat. Daarbenewens is 9 640

gemerkte visse weer gevang en aan die Oseanografiese

Navorsingsinstituut gerapporteer. So byvoorbeeld is ’n koperhaai

van 820 mm in Maart 1999 by Die Plaat, Struisbaai, gemerk en ses

jaar later 280 km verder weer gevang. Die haai was toe 1 100 mm

lank. Dit het bewys hoe stadig die spesie groei.

Die projek verskaf nie net inligting oor die bewegingspatrone

van visse nie, maar ook hoe vinnig hulle groei, die grootte van

bevolkings en vissery se impak daarop. Dié data word deur

akademici, die kommersiële en die privaat sektor gebruik om die

spesies beter te verstaan en te bestuur. Op hierdie wyse speel die

etiketteringsprojek ’n belangrike rol om beleid en besluitneming

rakende lynvisbestuur in Suid-Afrika te beïnvloed. Net so belangrik

is dat bewuswording van die projek gehelp het om die

belangrikheid van visbewaring onder die wyer Suid-Afrikaanse

publiek te bevorder.

Openbare gesondheid

Verantwoordelike drankgebruik

Distell erken die maatskaplike en gesondheidsvoordele wat

matige en verantwoordelike drankgebruik inhou. Distell erken ook

dat die bekamping van misbruik die gesamentlike verantwoorde-

DISTELL JAARVERSLAG 2005

likheid van die drankbedryf, die Regering, nasionale, provinsiale

en plaaslike owerhede en die polisiediens is.

Om hierdie rede werk die maatskappy ten nouste saam met die

Bedryfsvereniging vir Verantwoordelike Alkoholgebruik (BVA) om ’n

konstruktiewe benadering tot alkoholgebruik en -misbruik te

bevorder en uit te voer. Die BVA verteenwoordig die bedryf in sy

skakeling met die Regering, die Vereniging vir Reklamestandaarde

en wetstoepassingsagentskappe. Die BVA doen navorsing oor en

befonds ’n verskeidenheid inisiatiewe wat op risikogroepe gemik is

en hulle ondersteun. Projekte sluit in die leer van lewensvaardighede

vir stedelike en plattelandse kinders, jeug en volwasse

gemeenskappe, die identifisering van alkoholverwante gesondheidsrisiko’s,

ingryping onder kwesbare groepe deur middel van

berading en rehabilitasie, die beklemtoning van die gevare van

drink-en-bestuur deur die Kom Veilig Daar-veldtog, veldtogte

gemik op voetgangers, verskaffing van opleiding aan lisensiehouers

om ’n kultuur van matigheid onder gebruikers te ontwikkel

en te vestig, en om alkoholgebruik deur minderjariges uit te skakel.

Die BVA is nou betrokke by die navorsing oor en bewusmaking

van die gevare van alkoholverwante siektes en het ’n sleutelrol

gespeel in die totstandkoming van die Stigting vir Alkoholverwantenavorsing

(SAN) in 1996. Die SAN, wie se administrasie

deur BVA befonds word, is gestasioneer by die mediese skole

van die Universiteit van Kaapstad en die Universiteit van die

Witwatersrand en staan onder voorsitterskap van die professor

in Menslike Genetika, professor Denis Viljoen. Professor Viljoen

spesialiseer in pediatrie en word beskou as ’n wêreldkenner op

die gebied van fetale alkoholsindroom (FAS).

Die SAN het ook ’n belangrike rol gespeel in navorsing oor die

voorkoms van FAS onder gemeenskappe in die land en die

verhouding tussen dié siekte en patrone van alkoholgebruik

onder swanger vroue.

Die SAN het in 2004 aan die voorpunt gestaan van die stigting

van die land se eerste FAS-ondersteuningsentrum en -tehuis in

De Aar, Noord-Kaap. Dié projek is gegrond op die navorsingsbevindinge

wat sedert die middel-negentigs ingewin is. Die Joan

Proaktief, professioneel en deur die

bevordering van klantediens eerbiedig hulle die behoeftes

van hul kollegas, wat net met lof van hulle praat. Hulle het

2 110 gebruikerondersteuningsoproepe gedurende

die oorsigjaar ontvang, 1 289 ontwikkelings- en ander

oproepe en het steeds daarin geslaag om die

nuwe primêre produksiestelsel

van stapel te stuur.

37

MAATSKAPLIK KORPORATIEWE VERANTWOORDELIKHEID

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!