03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

40

MAATSKAPLIK KORPORATIEWE VERANTWOORDELIKHEID

Korporatiewe verantwoordelikheid

• Alle produkbekendstellings of -promosies sal aktiwiteite uitsluit

wat uitermatige of onverantwoordelike drankgebruik aanmoedig.

• Gepaste versnaperinge of etes moet tydens promosies of

wynproeë beskikbaar wees.

• Kampuspromosies moet so gereël word dat dit die

goedkeuring van die universiteitsowerhede of ander tersiêre

instellings wegdra en daar moet gesorg word dat drank nie

aan minderjarige verbruikers bedien word nie.

• Geen promosies sal toegelaat word wat verhoogde verbruik

in ’n beperkte tydperk aanmoedig nie.

• Kragtens wet sal Distell nie alkoholiese drank aan

ongelisensieerde afsetpunte lewer of verkoop nie.

Hospice Palliative Care Association of South Africa

’n Belangrike gebeurtenis tydens die jaarlikse Nederburgwynveiling

is die liefdadigheidsveiling van skaars wyne ten bate van

die Hospice Palliative Care Association of South Africa. Nederburg

bied reeds die afgelope 15 jaar hierdie liefdadigheidsfunksie aan en

het baie van die uitstekende wyne geskenk wat rekordpryse behaal

het. Sodoende is meer as R2 miljoen tot die vereniging bygedra.

Orgaanskenkersvereniging van Suid-Afrika

Nederburg Wyne bied elke jaar na afloop van die veiling ’n galaliefdadigheidsfunksie

ten bate van die Orgaanskenkersvereniging

aan. Die fondse wat ingesamel word, word gebruik om die

vereniging se bewusmakingsveldtog uit te brei.

Mothers 2 Mothers (M2M)

M2M is ’n mentorprogram vir MIV-positiewe vroue wat die

verskaffing van gesondheidsorg, sielkundige en praktiese bystand,

sowel as werkopleiding behels. Nederburg Wyne het drie projekte

bedryf ter ondersteuning van hierdie nie-regeringsorganisasie. Die

eerste was ’n veiling bygewoon deur bekendes. Vir die tweede

projek is wynskrywers gevra om ’n wit versnitwyn in die

Nederburgkelders te maak wat tydens 2004 se Nederburgwynveiling

verkoop is. In die derde geval het dieselfde wynskrywers

’n rooi versnitwyn gemaak wat tydens die 2005-veiling verkoop is.

Albei wyne word Nederburg Amateur (die Franse woord vir

entoesias) genoem en het baie belangstelling uitgelok. Tot op hede

is ongeveer R300 000 namens M2M ingesamel.

Oordrag van vaardighede

Distell befonds die opleiding in plaasbestuur by die Worcesterse

Landboukollege vir kandidate vanuit gemeenskappe waar die

maatskappy boer, en identifiseer en borg die opleiding van kandidate

in die landbouwetenskappe by verskeie tersiêre instellings. Die

maatskappy dra ook 50% by tot twee Patrick Grubb-beurse, wat

jaarliks aan histories benadeelde persone met wynmakerspotensiaal

toegeken word. Die projek stel elke suksesvolle kandidaat in staat

om parstyd by ’n vooraanstaande wynmakery oorsee deur te bring.

Befondsing word ook verskaf aan die Gautengse entrepreneurs wat

aandeelhouers is in die Papkuilsfontein-wynplaas by Darling vir

opleiding in hul fidusiêre rol en korporatiewe bestuur. Jaarliks

ontvang die topstudent in die Handelsfakulteit van die Universiteit

van Stellenbosch ’n kontantprys en die CGW Schumann-medalje,

wat vernoem is na die fakulteit se eerste dekaan. Amarula befonds

’n studiebeurs vir kandidate om die Skool vir Lewens- en

Omgewingstudie by die Universiteit van Natal, Durban, by te

woon. Distell dra ook by tot die Besigheidstrust, wat die Verdere

Onderwys en Opleiding-sektor by verskeie tersiêre instellings in die

land ondersteun en verskaf fondse sodat studente na akademiese

sentra oorsee gestuur kan word en om groepsprogramme vir

leerderondersteuning op kampus te vestig.

Swart ekonomiese bemagtiging

Handves vir die Drankbedryf

Distell dien in die reëlingskomitee van die Handves vir die Drankbedryf

en word in al sy werkgroepe verteenwoordig, wat die totale

vervaardigings- en verspreidingsketting hersien, van eienaarskap

en bestuur tot diensgelykheid en vaardigheidsontwikkeling,

aankooppraktyke en ondernemingsontwikkeling.

SEB as ’n belangrike Distell-fokus

Distell het in 2005 swart verteenwoordiging in sy direksie van

18% tot 21% vergroot. Die maatskappy het ook sy eerste

verteenwoordiger van kleur tot die uitvoerende bestuur

DISTELL JAARVERSLAG 2005

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!