03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die direkteure is tevrede dat die stelsels en prosedures behoorlik en

op ’n deurlopende grondslag toegepas, in stand gehou en deur

gekwalifiseerde personeel gemoniteer word, met ’n behoorlike

verdeling van bevoegdhede, pligte en gesagsverhoudings.

Risikobestuur

Die direksie is verantwoordelik vir die algehele proses van

risikobestuur. Die oudit-en-risikokomitee is spesifiek verantwoordelik

vir die risikobestuurstelsel, hersien die risikoverslae van

die groep twee keer ’n jaar, en doen verslag aan die direksie

rakende belangrike risiko’s wat die groep loop en die

gepaardgaande optredes om dit te bekamp.

’n Sentrale risikobestuurder wat aan die oudit-en-risikokomitee

verslag doen, is verantwoordelik om beleid en prosedures in

verband met risikobestuur en risikofinansiering te bepaal. Die

werkgroep hou toesig oor die bedrywighede van gedesentraliseerde

risikobestuurs- en verliesbeheerdepartemente. Die bestuur

van bedryfsrisiko’s, ’n lynfunksie, vind plaas ooreenkomstig die

beleid en standaarde wat die komitee bepaal. Prestasie word op

’n gereelde grondslag gemeet by wyse van onafhanklike risikooudits

wat deur ’n sentrale risikobestuursfunksie, bygestaan deur

onafhanklike kundiges, uitgevoer word.

DISTELL JAARVERSLAG 2005

Die groep het ’n deurlopende, stelselmatige en geïntegreerde

ondernemingswye risikobestuursproses ingestel wat daarop gemik

is om alle bekende vorms van risiko regdeur die groep te

identifiseer, te beoordeel, te bestuur en te moniteer.

Die bestuur, bygestaan deur onafhanklike kundiges, is betrokke by

’n deurlopende proses waarvolgens omvattende risikobestuurs- en

-beheerriglyne ontwikkel en uitgebrei word. Dit het die toepassing

van geïntegreerde risikobestuursagteware, -opleiding en

-kommunikasie ingesluit. Vanjaar was die fokus op die ontwikkeling

van ’n omvattende raamwerk vir die bestuur van risiko’s wat met

inligtingstelsels en verwante tegnologieë verband hou.

Wesenlike risiko’s geniet die deurlopende aandag van die direksie

en word aangespreek in jaarlikse besigheidsplanne wat deur die

direksie goedgekeur word.

Die belangrikste risiko’s waaraan die groep op die oomblik

blootgestel is, hou verband met wetgewing, die voorsieningsketting,

die fisiese omgewing, vaardighede en menslike

hulpbronne, tegnologie en valuta- en rentekoerse. Hierdie risiko’s

word in die groep se geïntegreerde risikobestuursprogramme in

aanmerking geneem.

Om vooruit te gaan terwyl jy pret het, is maklik

as jy jou deur passie laat lei, jy vinnig reageer en altyd op

die uitkyk vir nuwe geleenthede is. Met ’n

sterk sin van kameraderie

en ’n wil om die beste te wees troef jy altyd die opposisie.

33

MAATSKAPLIK KORPORATIEWE BESTUUR

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!