03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

aangestel met die bevordering van Nantha Moodley as direkteur

wat vir RTD’s verantwoordelik is. Die huidige vlak van swart

verteenwoordiging is steeds hoër as die gemiddelde vir

maatskappye genoteer op die JSE Bpk en dié in die voedselen-dranksektor.

Ofskoon die maatskappy se investering in

vaardigheidsontwikkeling beduidend hoër is as die gemiddelde

vir genoteerde maatskappye of vir die sektor, bly swart

verteenwoordiging op senior bestuursvlak steeds onvoldoende

en maatreëls is in plek om dit reg te stel deur geskikte kandidate

in die groep te vind deur Distell se Leierskapontwikkelingsprogram

(hieronder verduidelik) en deur eksterne werwing.

Voorkeurverkryging

Distell het ’n gevorderde beleid om SEB-verskaffers te

identifiseer en te ontwikkel. ’n Projek is tans aan die gang om die

hele verskaffersketting te analiseer en 55% van die totale

verskaffers is reeds geanaliseer. Die maatskappy het ontwikkelde

langtermynvennootskappe met ’n groot aantal van sy strategiese

verskaffers, veral die verskaffers van grondstowwe en

verpakkingsmateriaal met wie daar ’n uitgebreide gesamentlike

belegging in navorsing, ontwikkeling en toepassing is. In

dieselfde gees is Distell in noue samewerking met die verskaffers

om hul SEB-status te verbeter, indien nodig. ’n Belangrike nuwe

verwikkeling is dat daar van alle potensiële verskaffers verwag

word om te voldoen aan Distell se SEB-vereistes voordat

betrekkinge geformaliseer kan word.

Ondernemings, vaardigheidsontwikkeling en -oordrag

Papkuilsfontein-wynplaas

Papkuilsfontein-wynplaas, wat gesamentlik deur Distell, ’n konsortium

van Gautengse entrepreneurs en ’n gemeenskapstrust besit

word, verskaf druiwe aan Nederburg. Toe die plaas in 1998 gekoop

is, was die plan om 330 hektaar oor ’n 10-jaartydperk in wingerd te

omskep en ’n groot oorblywende gedeelte van die plaas vir

bewaring te oormerk. Na uitgebreide grondtoetse het dit aan die

lig gekom dat ’n verdere 40 hektaar wingerd geplant kan word.

Aangesien die vraag na druiwe vir die voorsiening van Nederburg

gestyg het, is die plantprogram van die aanvanklike 25/30 hektaar

per jaar versnel tot ongeveer 50 hektaar per jaar. Die vestiging van

die wingerd behoort dus in 2007 voltooi te wees.

DISTELL JAARVERSLAG 2005

Bestaande geboue op die plaas is opgegradeer om ’n gemeenskapsaal

en tweeslaapkamerhuise met elektrisiteit te skep, wat

nuwe standaa.rde in werkersbehuising vir permanente plaaswerkers

en hul gesinne gestel het.

Papkuilsfontein se huidige wynmaker, Adian Fry, is ’n wingerdboer

en wynkundige met ’n BSc-graad van die Universiteit van

Stellenbosch en het in Darling grootgeword. Sedert sy aanstelling

in 2003 werk hy nou saam met Nederburg se senior wingerdboere

en wynmakers en word hy ook opgelei in sakebestuur en leierskap.

Die maatskappy besit ook die handelsmerk Tukula, wat deur

Distell bemark word.

Durbanville Hills

Durbanville Hills, een van Distell se voorste wynhandelsmerke, is met

sukses in Suid-Afrika gevestig. Durbanville Hills ontwikkel tans ’n

internasionale teenwoordigheid in samewerking met die verspreidingsreus

Brown-Forman Wines, wat die handelsmerk in die VK en

die VSA verteenwoordig. Dié onderneming sluit ’n inisiatief vir vaardigheidsoordrag

aan plaaswerkers in. ’n Totaal van 50 000 aandele

(5% van die totaal) is ook aan ’n werkerstrust toegewys. Die trustees

word aangestel deur werkers van die agt plase wat deel vorm van

die Durbanville Hills-onderneming. Hierdie trustees besluit hoe die

aandele verdeel moet word en ook hoe dividende gebruik moet

word sodat dit tot voordeel van die werkers en hul gesinne

aangewend kan word. Om belangebotsing te voorkom mag trustees

nie self aandele opneem nie.

Benewens die kelderbedrywighede wat die kapasiteit het om

8 000 ton druiwe per jaar te verwerk, het Durbanville Hills ook

olyfbome aangeplant. Sodra die olyfbome (ongeveer 5 hektaar)

begin dra, sal dit onder kontrak geoes en verwerk word. Alle

opbrengste gaan aan die werkerstrust.

Bemagtiging van arm landelike gemeenskappe in

die Noord-Kaap

Distell en verskeie rolspelers in die wynbedryf het met ’n

bemagtigingsinisiatief begin wat gerig is op landelike gemeenskappe

in die Noord-Kaap. Dit is so gestruktureer dat die

gemeenskappe vaardighede sal aanleer waarmee ’n inkomste

41

MAATSKAPLIK KORPORATIEWE VERANTWOORDELIKHEID

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!