03.05.2013 Views

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

'n begeesterde span - Distell

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Rekeningkundige beleid en definisies

1. Rekeningkundige beleid

Die groep se rekeningkundige beleid voldoen aan

Standpunte van Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige

Praktyk in Suid-Afrika effektief vir die groep

se finansiële jaar. Hierdie beleid is, behalwe vir die

amortisasie van klandisiewaarde, in ooreenstemming

met dié van die vorige jaar. Veranderings word

behandel in aantekening 32.

Die finansiële jaarstate is volgens die historiesekostegrondslag

opgestel, soos gewysig deur die aanpassing

van biologiese bates en van sekere finansiële

instrumente tot billike waarde.

1.1 Grondslag van konsolidasie

Filiaalmaatskappye

Filiale, wat maatskappye is waarin die groep, direk of

indirek, ’n belang van meer as die helfte van die

stemreg hou of andersins oor die vermoë beskik om

beheer oor die bedrywighede uit te oefen, is gekonsolideer.

Die aankoopmetode van teboekstelling word

gebruik om die verkryging van filiale te verantwoord.

Die resultate van enige filiale verkry of verkoop

gedurende die jaar is ingesluit vanaf die datum waarop

effektiewe beheer verkry is, tot op die datum waarop

effektiewe beheer beëindig is. Alle intergroeptransaksies,

-balanse en ongerealiseerde winste en

verliese word met konsolidasie uitgeskakel. Waar

nodig, is die rekeningkundige beleid van filiale aangepas

om konsekwentheid met dié van die groep te

verseker. Minderheidsbelange word afsonderlik

geopenbaar.

’n Lys van die groep se vernaamste filiale word in

aanhangsel 1 by die finansiële jaarstate verstrek.

Geassosieerde maatskappye

Beleggings in geassosieerde ondernemings word

volgens die ekwiteitsmetode verantwoord. Hierdie is

ondernemings waarin die groep tussen 20% en 50%

van die stemreg hou en waar die groep oor

beduidende invloed beskik, maar nie beheer uitoefen

nie. Ekwiteitsverantwoording behels die erkenning in

die inkomstestaat van die groep se aandeel in die

geassosieerde se wins of verlies vir die jaar. Die groep

se belang in die geassosieerde word in die balansstaat

getoon teen ’n bedrag wat die groep se aandeel in

die netto bates van die geassosieerde weerspieël.

Klandisiewaarde met verkryging word apart getoon.

Permanente waardedalings word voorsien.

’n Lys van die groep se geassosieerdes word in

aanhangsel 2 by die finansiële jaarstate verstrek.

Gesamentlike ondernemings

Die groep se belang word verantwoord deur van die

proporsionelekonsolidasie-metode gebruik te maak.

DISTELL JAARVERSLAG 2005

Volgens hierdie metode word die groep se

toeskryfbare gedeelte van inkomste, uitgawes,

bates en laste op ’n lyn-vir-lyn-grondslag by die

finansiële jaarstate van die groep ingesluit.

Verdere besonderhede van die gesamentlike

ondernemings word in aanhangsel 3 by die finansiële

jaarstate verstrek.

1.2 Eiendom, aanleg en toerusting

Grond en geboue word teen historiese koste verantwoord.

Geboue word volgens die reguitlynmetode oor

hulle verwagte nuttige lewensduur afgeskryf.

Verbeterings aan gehuurde eiendomme word oor die

termyne van die huurkontrakte afgeskryf.

Masjinerie, toerusting en voertuie word teen historiese

koste verantwoord en volgens die reguitlynmetode

oor die verwagte nuttige lewensduur afgeskryf.

Gekapitaliseerde bruikhure is bates wat ingevolge ’n

finansieringsbruikhuurooreenkoms gehuur word. Dit

word gekapitaliseer teen die ekwivalente kontant

koopprys en volgens die reguitlynmetode oor die

verwagte nuttige lewensduur afgeskryf. Bruikhuurfinansieringskoste

word oor die tydperk van die

bruikhuur volgens die effektiewerentekoers-metode

afgeskryf. Die huur van bates waarvan alle risiko’s en

vergoeding verbonde aan eiendomsreg effektief

deur die verhuurder behou word, word as bedryfshure

geklassifiseer. Betalings ten opsigte van

bedryfshure word teen normale inkomste verreken.

Winste en verliese met die verkoop van eiendom,

aanleg en toerusting word bepaal met verwysing na

hul drabedrag en word in ag geneem by die bepaling

van bedryfswins.

Sagtewarepakkette en die direkte ontwikkelings- en

installeringskoste daaraan verbonde, word gekapitaliseer

en oor die verwagte nuttige lewensduur,

vanaf die datum van ingebruikneming, afgeskryf.

Waar die drabedrag van ’n bate groter is as sy

verwagte verhaalbare bedrag, word die waardedaling

erken en die bate dadelik afgeskryf na sy

verhaalbare bedrag.

Finansieringskoste op geleende fondse om die konstruksie

van eiendom, aanleg en toerusting te finansier

word teen bedryfskoste verreken soos aangegaan.

1.3 Biologiese bates

Biologiese bates bestaan uit wingerde wat waardeer

word teen billike waarde deur die netto kontantvloeie

te verdiskonteer oor die oorblywende lewensduur

daarvan teen ’n toepaslike verdiskonteringskoers.

Winste en verliese wat ontstaan met die

verandering in billike waarde word teen inkomste

verreken in die tydperk waarin dit ontstaan.

59

JAARSTATE REKENINGKUNDIGE BELEID

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!