03.05.2013 Views

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kwartaal 3 – Week 1

68

8

Ons doen

Kom ons kyk weer na taal

Vandag gaan jy meer uitvind omtrent voornaamwoorde, veral wederkerende

voornaamwoorde. Ons gebruik voornaamwoorde om ons skryfwerk te laat vloei. Kyk na

die sinne hieronder sodat jy kan sien hoe snaaks dit is wanneer voornaamwoorde nie

gebruik word nie. Onderstreep die woord “vrou” telkens wanneer jy dit sien.

Die vrou het inkopies gedoen.

Die vrou het per taxi huis toe

gegaan. Die vrou het die voordeur

oopgemaak en die vrou het

kombuis toe gegaan. Die vrou het

die vrou se pakkies neergesit.

Hierdie soort voornaamwoord is ’n persoonlike

voornaamwoord. Ons, hy, jy en hulle is ook

persoonlike voornaamwoorde. Kan jy aan enige

ander voornaamwoorde dink?

Ons gebruik ook wederkerende

voornaamwoorde. Kyk na die tabel hieronder

om te sien wat hulle is.

Datum:

Lees nou die onderstaande sinne en

onderstreep die voornaamwoorde wat in die

plek van “vrou” gebruik is.

Die vrou het gaan inkopies doen.

Sy het ’n taxi huis toe geneem.

Sy het die voordeur oopgemaak en

kombuis toe gegaan. Sy het haar

pakkies neergesit.

PERSOONLIKE VOORNAAMWOORDE WEDERKERENDE VOORNAAMWOORDE

ek my myself

ons ons onsself

jy jou jouself

hy hom homself

sy haar haarself

julle jul julleself

hulle hul hulleself

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!