03.05.2013 Views

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kwartaal 4 – Week 2

101

74

Die seun wat sy talent wou ontdek

Ons lees

Die skoolvakansie het pas begin.

Charl, wat in Limpopo woon, is

besig om groente te plant in die

gemeenskapstuin oorkant hulle huis.

Toe hy opkyk, sien hy sy maat

Dingani verbydraf.

Die lesse oor hierdie stories

strek oor drie werksvellle.

“Haai, Dingani. Wat gaan jy in die

skoolvakansie doen?” vra Charl.

“Ek is kaptein van die skool se sokkerspan,

en ons gaan elke dag oefen vir die groot

toernooi,” antwoord Dingani. "Ek dink ons

kan hierdie jaar wen!”

“Sjoe, dis koel!” antwoord Charl.

Terwyl Dingani wegdraf, mompel Charl vir homself:

"Ek wens ek was in ’n sokkerspan.

Ek gaan begin oefen.”

Die volgende week sluit Charl vir die sokkeroefening

by Dingani aan. Hy speel saam met die span, maar

dit gaan nie so goed met hom nie. Hy val oor sy eie

voete en teken selfs vir die ander span ’n doel aan.

Aan die einde van die oefensessie besef Charl sokker

is nie reg vir hom nie. Hy slenter huis toe en is gou

weer terug in die tuin.

Net toe sien hy Jan verbystap. “Haai, Jan!” roep hy.

“Wat gaan jy in die vakansie doen?”

“Ek is in die kerkkoor,” antwoord Jan, “en ek gaan elke

dag sangoefening hê. Ons oefen vir ’n groot konsert.”

Charl sug. “Ag, ek wens ek kon sing,” dink hy. Al die

ander is besig met sulke lekker dinge terwyl hy die

hele somer lank in die tuin werk.

(Bron: Sample prePIRLS questions and scoring guides)

Datum:

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!