03.05.2013 Views

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Kwartaal 4 – Week 1 99

70

Wat het met die leeu gebeur?

Ons lees

Kom ons vind uit wat Jabu besluit het om omtrent die

leeu te doen.

Bhubesi smeek en pleit so jammerlik dat Jabu uiteindelik besluit om hom te

vertrou en hom vry te laat. Hy lig die valstrik wat die leeu se kop vashou.

Die leeu spring los en skud sy maanhaar.

Leeu: O dankie, oemfaan! Ek skuld jou regtig iets. My nek was besig om

so styf te word in daardie valstrik, en ek was bang die jagters sou

my doodmaak. Maar nou is ek so dors, asseblief oemfaan – kan jy

my wys waar die rivier is?

Jabu: Dis net hier anderkant. Kom saam met my.

Leeu: Dis ’n skande om so ’n uitstekende maaltyd te mors!

Jabu: O nee! Ek het jou van die jagters gered en jy het belowe om my nie op

te vreet nie.

Leeu: Ja, jy is reg. Ek het belowe. Maar noudat ek vry is, voel dit nie meer so belangrik om daardie

belofte na te kom nie. Ek is baie honger!

Jabu: Jy maak ’n groot fout. Jy moet nooit ’n belofte verbreek nie.

Leeu: Ag, watse onsin! Ek gaan jou nou opeet, seun. Al hierdie gepraat maak my net hongerder.

Jabu: Maar jy het belowe, en as jy ’n belofte verbreek, sal dit terugkom om jou te straf.

’n Slim ou jakkals wat hulle afgeluister het, kom toe nader om meer oor die

belofte te hoor.

Jakkals: Watter belofte is dit? Waarom het jy ’n belofte gemaak, Nkosi

(groot kaptein)?

Jabu: Ek het die leeu uit die valstrik gered en hy het belowe om

my nie te eet nie, maar nou wil hy my vreet.

Jakkals: Ag, wat ’n lawwe storie.

Wil jy vir my sê my Nkosi,

die groot koning van die diere, is

gevang in ’n valstrik wat mense

gemaak het? Onmoontlik! Ek

glo dit nie.

Leeu: Dit is waar, dit was ’n sterk en

verskriklike valstrik!

Jakkals: Ai, ek kan nie glo enigiets is sterker as my koning nie. Ek

moet daardie valstrik sien. Voor jy jou ete eet, wys my

asseblief die strik waarvan jy praat. Dan kan jy jou kos

geniet.

Die leeu, die jakkals en Jabu gaan toe terug na die valstrik toe.

Datum:

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!