03.05.2013 Views

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kwartaal 3 – Week 1

66

4

Nelson Mandela gaan hoërskool toe

Ons lees

Toe ek sestien was, het oom Jongi my na die

Clarkebury-skool toe gestuur. Net soos my pa

het my oom geglo dat opvoeding baie belangrik is.

Clarkebury was ’n baie groter en beter skool as

Mqhekezweni. Die skool self het bestaan uit ’n groep van

ongeveer twee dosyn geboue in die koloniale styl.

Op die eerste skooldag het ek my nuwe stewels aangetrek. Terwyl ek met ’n swaar voetval met

my nuwe stewels oor die blink houtvloer die klaskamer ingeknars kom, merk ek op dat twee

meisies in die voorste ry my flou vertoning geamuseerd dophou. Later het ek een van daardie

meisies goed leer ken, en het sy my beste vriendin by Clarkebury geword.

Ek het gou aangepas in my nuwe lewe by Clarkebury. Ek het aan sport deelgeneem so dikwels

as ek kon, maar my prestasies was maar gemiddeld. Die meeste van my klasmaats kon vinniger

as ek hardloop en het beter as ek in die klas gevaar. Ek het baie gehad om in te haal.

Na my wankelrige begin het ek agtergekom hoe dinge

werk en kon ek my vordering versnel. Ek het die

junior sertifikaat (graad agt tot tien) binne

twee jaar, in plaas van die gebruiklike drie

jaar, voltooi. Ek het die reputasie gekry

dat ek iemand met ’n uitstekende

geheue is, maar eintlik was ek net ’n

harde werker.

Op die ouderdom van 21

het ek by die Fort Hareuniversiteitskollege

gaan

studeer. Maar dit is stories vir ’n

ander keer.

Datum:

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!