03.05.2013 Views

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kwartaal 3 – Week 2 70

12

Ons lees

Wie eet ons boeke?

Mevrou Motha is net besig om gereed te maak om te

begin lees, toe die deur weer oopgaan en nog ’n

figuur met ’n skubberige kop wat heen en weer swaai,

ingestap kom.

“Is dit nie wonderlik nie!” sê een van die onderwysers.

“Dis die heel beste kostuum van almal!”

“O, kyk!” sê die kinders. “Dis ’n iguanodon.”

“Wel!” sê mevrou Motha. “’n Dinosourus!” Sy is ’n bietjie verbaas, want sy kan nie

onthou dat sy ’n dinosouruskostuum bestel het nie.

Die dinosourus hop na die kinders toe asof hy na iemand soek.

Toe merk hy vir Tumi op daar heel agter. Hy hop na Tumi toe en

skud sy hand. “Hallo!” sê Tumi.

Omdat die kinders nou die dinosourus se hand wil skud, stap

hy rond en hou sy skubberige poot vir almal om te skud. Dan

gaan die dinosourus langs Tumi sit. Hy gaap, sit sy kop op sy pote

en raak aan die slaap. Tumi probeer om mevrou Motha van die

dinosourus te vertel, maar sy wil hê dat hy moet wag totdat sy die

storie van die ysbeer klaar gelees het.

Tumi kan nie die storie klaar luister nie, want die eienaardigste

geluide kom van die kreatuur langs hom. Die dinosourus snork! Die

klank word harder en harder. Almal kyk om om te sien wat aangaan.

“Ignoreer hom net,” sê mevrou Motha.

Die storie is klaar en steeds slaap die dinosourus voort. Al die kinders staan op en begin na die

boeke kyk. Mevrou Motha is besig om die kinders ’n boek te wys, toe sy ’n stem agter haar hoor.

Dis die skoolhoof.

“Jammer,” sê die skoolhoof. “Ek het gemeen om vroeër

in te loer. Het alles goed gegaan? Ek sien die

kostuums het opgedaag.”

“Maar,” sê mevrou Motha, met ’n

verbaasde uitdrukking, “as dit nie

jy is in die dinosouruskostuum nie,

wie is dit dan?”

“Ek het probeer om julle te sê,”

sê Tumi. “Ek het geweet dis nie

iemand wat soos ’n dinosourus

aangetrek is nie.”

Datum:

Die iguanodon het

ongeveer 130 miljoen jaar

gelede geleef, het plante

geëet, en het ongeveer

2 000 kg geweeg. Hy was

byna 3 meter breed by sy

heupe en 6 tot 10 meters

hoog. Sy naam kom van die

feit dat sy tong soos dié van

die iguana-akkedis lyk.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!