03.05.2013 Views

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Kwartaal 4 – Week 4

110

92

Ons woon almal op die planeet Aarde

Ons lees

Ons is almal aardbewoners. Ons woon orals, in oorbevolkte stede en op klein dorpies.

Ons woon op wit ysvelde en in warm groen woude. Ons lewe in woestyne, teen

berghange en op eilande in die see.

Ons het vele verskillende kleure. Party van ons het warm, ligbruin velle soos sonlig op sand.

Party van ons het donkerbruin velle soos ryk sjokolade. Andere het rosige pienk velle soos

die hemel met dagbreek. En party van ons se velle wys ’n tikkie rooi. Ons oë en hare het ook

verskillende kleure. Ons het blou oë, bruin oë, grou oë of groen oë. Ons hare is blond of bruin of

rooi of swart. Dit kan reguit wees of krullerig.

Ons het allerhande vorms en groottes. Party van ons is lank en ander is kort. Daar is dié wat

maer is en ander wat mollig is. Ons het verskillende lewenswyses en baie uiteenlopende

oortuigings en gewoontes. Ons hou van verskillende soorte kos. Ons bou ons huise op

verskillende maniere. Ons behoort aan baie verskillende families, groepe, stamme en nasies.

Maar ons toon ook in baie opsigte sterk ooreenkomste. Ons het almal kos nodig om te lewe.

Ons wil almal veilig, gemaklik en gelukkig wees. Ons het almal liefde en vriendskap nodig. Ons

hou almal van mooi goed.

En ons behoort almal aan een groot familie – die menslike familie van byna

7 biljoen mense. Ons het almal dieselfde voorouers. Ja, ons is almal

inwoners van die planeet Aarde, en ons het ons oorsprong hier, in

Suid-Afrika. (Bron: World book: childcraft, vol 8:7)

Ons skryf

Die outeur noem sewe verskillende soorte plekke waar mense woon. Maak ’n lys daarvan.

Noem die vier opsigte waarin mense volgens die skrywer verskil.

In watter opsigte is ons almal dieselfde?

Datum:

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!