03.05.2013 Views

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kwartaal 3 – Week 3

74

20

Ideëbank vir projek (1): die donkie

Ons lees

Lees hierdie inligting oor die donkie.

Die wilde voorouer van die donkie is die Afrika-wilde-esel. Die donkie of

esel (Equus africanus asinus) is ’n mak gemaakte lid van die Equidae- of

perdefamilie. Die manlike donkie word ’n hings genoem en die vroulike donkie

’n merrie. ’n Babadonkie wat nog nie ’n jaar oud is nie, noem ons ’n vul.

Donkies is ongeveer 5 000 jaar gelede vir die eerste keer as huisdiere gebruik

– dit beteken hulle het saam met mense begin woon. In daardie dae was dit

baie spesiaal om ’n donkie te hê, amper soos ’n luukse motor vandag. Hulle is

as pakdiere gebruik (om goed te dra) en ook as plaas-

en melkdiere.

Daar is vandag omtrent 44 miljoen donkies op die aarde. Hulle word tussen 30

en 50 jaar oud. Hulle grootte wissel van 97 tot 147 cm by die skouer.

Donkies het nie soveel ryk gras nodig soos perde nie, daarom kan hulle ook

lewe op plekke waar daar min of swak plantegroei is. Strooi en ’n bietjie

weiding sal ’n donkie gesond hou. Wanneer ’n donkie balk, kan jy die geluid

drie kilometer ver hoor. Hierdie harde geluid help hulle wanneer hulle ver van

mekaar afdwaal om kos te soek.

Datum:

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!