03.05.2013 Views

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kwartaal 3 – Week 5

84

40

Hasie se aardbewingwaarskuwing

Daar was eenmaal ’n hasie wat altyd bekommerd was. “Ag tog,”

het hy heeldag gemompel, “Ag toggie, tog, tog.”

Sy grootste bekommernis was dat daar ’n aardbewing sou kom.

“Want as dit gebeur,” het hy vir homself gesê, “wat op aarde word

dan van my?”

Hy was een oggend juis besonder bekommerd hieroor toe ’n yslike

vrug skielik van ’n boom naby hom afval– KABOEM – en die hele

aarde laat skud.

“Aardbewing!” skree hy.

En toe hardloop hy oor die veld om sy neefs te gaan waarsku.

“Aardbewing! Hardloop vir die vale!”

Ons moet liewer

hier padgee!

Ons lees

Datum:

Aardbewing! Ek

moet die ander hase

gaan waarsku!

Al die hase peul uit die lande en hardloop verwoed agter hom aan.

Hulle snel oor vlaktes, deur woude en riviere tot in die heuwels en

waarsku nog neefs sover as hulle gaan.

Net toe kom hasie ’n olifant teë. “Aardbewing! Hardloop vir die

vale!” roep hy. Die olifant volg die haas en die aarde bewe van sy

swaar voetstappe.

Hulle hardloop by ’n groep kameelperde verby. “Aardbewing!

Hardloop vir die vale!” skree die hasie.

Die kameelperde volg die olifant, wat op sy beurt die hase volg.

Teen die tyd dat hulle by die berge kom, klink die tien duisend

hase, ’n olifant en verskeie kameelperde wat so hardloop soos

donderweer teen die

hange. Die voorste

haas kyk om of die aardbewing al nader kom, maar al wat hy kan

Wat gebeur?

sien, is ’n groot trop stormende diere.

Terwyl hy staan en hyg, kom daar ’n leeu aan.

“Wat gebeur?” vra die leeu.

“Aardbewing, aardbewing!” stotter die hasie.

“’n Aardbewing!?” vra die leeu. “Wie het dit gesien?

Wie het dit gehoor?”

“Nie ek nie,” sê die olifant.

“Nie ons nie,” sê die kameelperd.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!