03.05.2013 Views

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Ons lees

Alle mense het kos, klere en skuiling nodig om aan die lewe te bly. Maar ons eet

nie dieselfde soorte kos nie. Ons dra nie dieselfde klere nie, en ons woon ook nie in

dieselfde soort huise nie. Ons gesinne is ook verskillend.

Chloe is ’n Eskimo. Sy is 8 jaar oud. Sy lewe in die noorde van Kanada. Sy en haar gesin

woon in die koudste deel van die wêreld en hulle dra klere wat van dierevelle gemaak

is om warm te bly. Hulle eet walvisvet en die vleis van bere en robbe. Die ryk vet in

hierdie kosse help hulle om hul liggaamshitte te behou. In die verlede het Eskimo’s in

sneeu-igloes of tente van dierevelle gewoon. Vandag woon hulle in verhitte huise.

John woon in Engeland. Hy is ook 8 jaar oud. Hy gaan al skool toe vandat

hy 3 is. Hy hou van vis en skyfies. Hy dra skooldrag en gaan in die somer

per fiets skool toe. Hy is mal oor sokker.

Ruth woon Israel, op ’n kibboets, ’n soort plaas. Ruth is 7 jaar oud. Op ’n

kibboets woon die ouers en kinders nie saam nie. Die ouers woon in ’n

huis vir volwassenes en die kinders bly in ’n kinderhuis. Ruth gaan op

die plaas skool en eet middagete by die skool.

Adel woon op ’n dorp in Maleisië. Die dorp het net een huis. Hulle

noem dit ’n lang huis, wat aan tot 50 gesinne ’n tuiste bied. Die

gesinne kies ’n hoof vir hulle groot huis.

Kwi is 7 jaar oud. Hy woon in die woestyn in Botswana. Hy is ’n lid van die Sanmense. Sy pa

jag wilde diere vir voedsel. Kwi sal na ’n koshuis toe gaan wanneer hy ouer is. Op die oomblik

leer hy sy geskiedenis deur die liedjies en stories wat sy familielede hom vertel.

Kofi kom van ’n dorpie in Ghana. Hy woon in ’n Asjanti-huis saam met

sy ma en sy ma se ma. In hierdie huis noem Kofi al die vroue “ma”, en is al

die kinders sy broers en susters.

Ons skryf Vul hierdie tabel in deur die inligting wat jy so pas gelees het te gebruik.

Naam en ouderdom Land Sy of haar kultuur

93

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!