03.05.2013 Views

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kwartaal 3 – Week 2

69

10

Ons lees

Die biblioteekmonster

“Dis Boekeweek, kinders!” sê mevrou Maharaj. Tumi en die res van die klas sit regop, in hulle skik.

Boekeweek beteken kompetisies en uitstappies na die biblioteek op die dorp en baie stories.

“Hierdie jaar se Boekeweektema is wild,” sê mevrou Maharaj. “Ons gaan dus plakkate

maak en stories skryf oor diere wat bedreigde spesies is en in gevaar verkeer om

uit te sterf. Onthou julle dat ons verlede week hieroor gepraat het?” Sy wys na

prente wat teen die muur opgesit is.

“Sommige diere verkeer in gevaar omdat mense hulle jag vir hulle pels,”

sê Tumi, wat altyd alles weet. “En soms sterf hulle uit omdat hulle nie

die regte kos kan kry om te eet nie.”

“Jy’s reg, Tumi,” sê mevrou Maharaj. “Dus, kinders,” gaan sy

voort, “begin solank dink aan plakkate en stories oor hierdie

soorte diere.”

Tumi onthou die prentjie van die monster baie goed. Hy het

twee kort voorbene en ’n kort, baie dik stert. Aan sy pote is

vyf stomp tone. Hy het vyf vingers aan elke hand en ’n kort,

horingagtige duim. Die iguanodon eet plante – en enigiets

wat van plante gemaak is.

Al die skole van die omgewing neem deel aan die

dorpsbiblioteek se Boekeweek. Die afgelope weke het

die kinders reeds plakkate geteken en geverf, en dit

sal na die biblioteek gestuur word.

Toe die dag aanbreek waarop die plakkate en stories by die

biblioteek uitgestal moet word, klim Tumi se klas in die bus en ry

biblioteek toe. Dis ’n koue wintersdag en die wind waai.

Toe hulle daar aankom, is die heel eerste ding wat die kinders doen, om na hulle plakkate te

gaan soek.

Datum:

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!