03.05.2013 Views

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

“Vra hom, vra hom!” gil al die hase en wys na die voorste een.

Die leeu draai na die hasie.

O! Dit was nie regtig ’n

“Asseblief, Meneer,” sê die hasie skamerig, “ek het rustig by my huis

aardbewing nie.

gesit toe daar ’n vreeslike slag was. Die aarde het geskud en ek het

geweet dit moet ’n aardbewing wees, Meneer. Toe hardloop ek so vinnig

as wat my bene my kon dra om die ander te waarsku om te hardloop dat

hulle klein word.”

“My boetie, sal jy dapper genoeg kan wees om my te wys waar hierdie

vreeslike ramp hom afgespeel het?” vra die leeu.

“Oe, ek kan nooit weer soontoe teruggaan nie!” sê die hasie.

“Spring op my rug dan neem ek jou soontoe. Ek sal jou oppas,” sê die leeu.

Toe spring die hasie maar taamlik bedees op die leeu se rug en daar trek hulle,

oor die berge en heuwels, deur riviere en woude, oor grasvelde en vlaktes, tot

hulle by die hasie se huis kom.

“Dit is waar ek dit gehoor het, Meneer. En ook gevoel het. Die grond het gebewe.”

Die leeu kyk rond – en baie gou sien hy die enorme kokosneut wat met so ’n

geraas van die boom afgeval het. Hy sien ook ’n apie in die boom sit. Die leeu tel die

kokosneut op, klim op ’n rotsblok en laat die neut op die grond val. KABOEM!

Die hasie wip ’n meter hoog. “Aardbewing! Gou-gou – hardloop weg – daar gebeur

dit weer!”

En toe besef hy die leeu lag lekker, en sien hy die oopgebarste kokosneut voor sy pote.

“O,” fluister hy. “Dit was toe nie regtig ’n aardbewing nie, of hoe?”

“Nee,” sê die leeu, “dit was nie, en jy hoef nie bang te gewees

het nie.”

“Was ek nie ’n simpel hasie nie!”

Die leeu glimlag vriendelik. “Toemaar, my ou boetie. Almal van

ons – selfs ek ook – is partykeer bang vir die dinge wat ons nie

verstaan nie.”

En met daardie woorde loop hy terug na die tien duisend hase,

die olifant en die kameelperde wat nog steeds bo-op die berg

staan en wag om vir hulle te vertel dit is

Toemaar, my ou boetie. nou heeltemal veilig om huis toe te gaan.

Ons is dikwels bang vir

die dinge wat ons nie Bron: Aangepas uit Rabbit heralds the earth

verstaan nie.

quake deur Rosalind Kerven in PIRLS Reader.

The Natural World. Main Survey 2001. IEA.

41

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!